Slaapsiekte

Slaapsiekte word veroorsaak deur die protosoƫ Trypanosoma brucei gambiense en Trypanosoma brucei rhodesiense en word oorgedra deur die tsetsevlieg. Die siekte staan ook bekend as tripanosomiase en is endemies aan sekere streke van Suider-Afrika, soos die Zambezivallei en die Okavangodelta.

Slaapsiekte
Klassifikasie en eksterne bronne
Slaapsiekte versprei deur die bloed.
Slaapsiekte versprei deur die bloed.
ICD-10B56
ICD-9086.5
DiseasesDB29277
MedlinePlus  001362
eMedicinemed/2140
MeSHD014353
Mediese waarskuwing

Die siekte begin met koors, hoofpyn en pynlike gewrigte wat binne 1-3 maande na die steek vandat die persoon deur die vlieg gesteek is. Namate die parasiet deur die bloed versprei, swel die limfkliere tot uiterste groottes. Simptome van die tweede fase van die siekte sluit in verwarring, verswakte koƶrdinasie en 'n versteurde slaappatroon. As die siekte nie behandel word nie, is dit gewoonlik noodlottig.

Sien ook

  • Nagana, soortgelyke siekte by diere.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.