Skuttersgroen

Skuttersgroen (Engels: rifle green) is 'n kleur, 'n donker bruin-groen skakering.

#444C38

Naam se afkoms

"Skuttersgroen" word so genoem oor die kenmerkende kleur van die uniform van skutsregimente ('n vorm van ligte infanterie) van 'n aantal Europese weermagte. Dit is nog steeds in gebruik by skutsregimente van sekere Statebondsweermagte, soos die Royal Gurkha Rifles van die Britse Leër.

Skuttersgroen is oorspronklik deur skuttersregimente aangeneem in die 18de eeu. In die tradisionele rol van skuts, waar skermulselaars van agter die dekmantel van bome aangeval het, is 'n donkergroen uniform aanvaar as 'n vroeë vorm van kamoeflering, in teenstelling met die kleurvolle uniforms deur ander soldate van die tydperk gedra.

Die eerste opgetekende gebruik van "rifle green" as 'n kleur se naam in Engels was in 1858.

Kleurkoördinate

Volgens verskeie kleurskemas word skuttersgroen as volg voorgestel:

Model Koördinate
Heksadesimale kode #444C38
RGB-kleurmodel (68, 76, 56)
CMYK (11, 0, 26, 70)
HSV (84°, 26%, 30%)

Sien ook



Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
   
Klik vir info oor hierdie sjabloon.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.