Skipskop

Die terrein wes van Waenhuiskrans waar die dorpie Skipskop geleë was, vorm nou deel van die Overberg-toetsbaan. Skipskop het bekendheid verwerf deur die gelyknamige liedjie van David Kramer.

Skipskop
Skipskop is in Wes-Kaap
Skipskop
Skipskop
 Skipskop se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 34°31′44″S 20°25′23″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikOverberg
MunisipaliteitKaap Agulhas
Oppervlak
  Totaal0,96 km2 (0,37 vk. myl)
Bevolking
 (2001)[1]
  Totaal55
  Digtheid57/km2 (150/vk. myl)
Rasverdeling (2001)
  Wit mense61.8%
  Bruin mense38.2%
Taal (2001)
  Afrikaans 83.6%
  Engels 16.4%

Teen 1960 het die bevolking op 125 mense gestaan wat 'n bestaan gemaak het as vissers en bestaansboere. In 1984 is die dorpie en omliggende plase onteien en ontruim en deur Krygkor oorgeneem. Dit sluit aan by die De Hoop-natuurreservaat.

Verskeie groot skepe het hier gestrand. Die bekendste was die Maid of the Thames in 1848 en die Willem de Zwijger in 1899

Bibliografie

  • Snyman, Dana: Anderkant die scrap. Kaapstad: Human & Rousseau, 2007. ISBN 0-7981-4714-8
  • Snyman, Dana: Skipskop, Koebaai. Wegbreek, Februarie-Maart 2005.

Verwysings

  1. Skipskop Sensus 2001
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.