Skilder (sterrebeeld)

Die Skilder (Latyn: Pictor) is ’n klein, dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim langs die Groot Magellaanse Wolk. Hoewel sy naam Skilder is, stel dit eintlik ’n skilder se esel voor – die oorspronklike Latynse naam was Equuleus Pictoris en is later verkort. Dit is in die 17de eeu uitgedink deur die sterrekundige Nicolas-Louis de Lacaille.

Skilder
Latynse naamPictor
GenitiefPictoris
AfkortingPic
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming4,53h ~ 6,85h
Deklinasie−43° ~ −64º
Grootte247 vk. grade (59ste)
KwadrantSQ1
Besonderhede
Hoofsterre3
Helderste sterAlpha Pictoris (α Pic)
Naaste sterKapteyn se Ster
Sterre helderder as 3 m0
Sterre met planete3
Messier-voorwerpe0
Bayer-/Flamsteed-sterre15
Aangrensende sterrebeelde
Graveerstif, Kiel, Duif, Swaardvis, Agterdek, Vlieënde Vis
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Ruimtevoorwerpe

Die Skilder het in onlangse jare aandag getrek vanweë sy tweede helderste ster, Beta Pictoris (β Pic), wat 63,4 ligjare van die Aarde af is en deur ’n ongewone, koolstofryke stofskyf omring is.

Kapteyn se Ster, ’n rooi dwergster 12,78 ligjare van hier, is die naaste bekende ster met ’n halo.

NGC 1705 is ’n onreëlmatige dwergsterrestelsel 17 miljoen ligjare van die Aarde af. Dit is een van die aktiefste stervormende sterrestelsels in die nabygeleë heelal, ondanks die feit dat hy sy hoogtepunt van stervorming sowat 30 miljoen jaar gelede bereik het.[1]

Verwysings

  1. Wilkins, Jamie; Dunn, Robert (2006). 300 Astronomical Objects: A Visual Reference to the Universe. Buffalo, New York: Firefly Books. ISBN 978-1-55407-175-3.
  • Ian Ridpath and Wil Tirion (2007). Stars and Planets Guide, Collins, London. ISBN 978-0-00-725120-9. Princeton University Press, Princeton. ISBN 978-0-691-13556-4.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.