Skandha
Die skandhas (Sanskrit; khandhas in Pali) is die vyf basiese aspekte waaruit voelende wesens bestaan. Dit is nie fisieke komponente nie, maar eerder neigings.[1] Die vyf skandhas is: materiële vorm, gevoelens, waarneming, bedoelings (of gedagtes) en bewustheid (of aandag). Omdat dié vyf aspekte voortdurend verskyn en verdwyn, leer die Boeddha dat niks daarvan werklik "ek" of "myne" is nie.[2]
Skandha | ||
Vertalings | ||
Sanskrit | स्कन्ध (skandha) | |
Pali | khandha | |
Bengaals | স্কন্ধ (skandha) | |
Tibettaans | ཕུང་པོ་ལྔ་ (phung po lnga) | |
Viëtnamees | Ngũ uẩn | |
Khmer | បញ្ចក្ខន្ធ | |
Tradisionele Sjinees | 蘊 | |
Vereenvoudigde Sjinees | 蘊 | |
Pinyin | yùn | |
Japannees | 五蘊 (go'un) | |
Koreaans | 온 (on) |
In die Theravada-tradisie word dukkha (lyding) veroorsaak wanneer ’n mens aan een van die skandhas vasklou. Nirwana (verligting) word behaal wanneer iemand ophou vasklou aan die skandhas.
Volgens die Mahayana-tradisie kan die opperste vryheid behaal word deur die aard van alle skandhas deeglik te begryp en te besef hulle het wesentlik geen onafhanklike bestaan nie.
Verwysings
- khandro.net: Skandhas
- Ven. Analayo, 2006, Satipatthana: The direct path to realization, Hoofstuk 10, Dhammas: The Aggregates, Cambridge, VK: Windhorse.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia