Sjokoladedoop
Die Sjokoladedoop (Chromis dimidiata) is 'n vis wat voorkom in die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Chocolate dip.
Sjokoladedoop | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Chromis |
Spesie: | C. dimidiata |
Binomiale naam | |
Chromis dimidiata | |
Voorkoms
Die vis se kop en voorste helfte van die lyf, die pektorale- en bekkenvinne en die eerste gedeelte van die dorsale vinne is bruin en die res (stertvin, analevin en lyf) is wit. Daar is 'n donker kol op die basis van die pektorale vinne. Die vis word 9 cm groot.
Habitat
Die vis verkies tropiese en subtropiese koraal- en rotsriwwe om in te leef tot op dieptes van 40 m. Hulle eet soöplankton en ook klein skaaldiere.
Sien ook
Eksterne skakel
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Verwysings
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.