Sjin-Bjadl
Sjin-Bjadl (Russies: Шин-Бядл, Kalmikies: Шин Бәәдл) is 'n klein dorpie in Gorodowikofsk-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Joezjni Plaaslike Munisipaliteit wat nog vier nedersettings insluit. Dit lê 15 kilometer suidoos van die rajon se setel, Gorodowikofsk.
Sjin-Bjadl Шин-Бядл | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Kalmikië in Rusland | |
Sjin-Bjadl Die ligging van Sjin-Bjadl in Kalmikië | |
Koördinate: 45°59′17″N 42°04′19″O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Kalmikië |
Rajon | Gorodowikofsk |
Bevolking | |
• Totaal | 182 |
Tydsone | UTC+03:00 (MSK, Moskouse tyd) |
Poskode | 359065 |
Die dorpie se naam kom van die Kalmikiese woorde vir "nuwe lewe".[1]
Demografie
Volgens Sensus 2010 het Sjin-Bjadl 195 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[2]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Kalmikiërs | 142 | 78,8% |
Russe | 38 | 19,5% |
Abazine | 6 | 3,1% |
Koreane | 6 | 3,1% |
Oekraïners | 3 | 1,5% |
Totaal | 195 | 100% |
Verwysings
- Gedejewa, Daria; Oeboesjiejewa, Bamba; Lidzjijewa, Ljoedmila; Barinowa, Bairta (2019). Словарь топонимов Республики Калмыкия [Toponimiese woordeboek van Kalmikië] (in Russies). Elista: Dzjangar.
- Bespyatov, Tim. "Republic of Kalmykia. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 12 Augustus 2023.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.