Sjapoer I

Sjapoer I of Shapur I (Persies: شاپور) was die tweede "koning van konings" van die Sassanidiese Ryk. Sy bewind word gewoonlik aangegee as 240/242 tot 270/272, maar hy het moontlik ook as medeheerser saam met sy pa regeer.[2]

’n Muntstuk van Ardasjir I en Sjapoer I.
Sjapoer I
Koning van konings
Dinastie Huis van Sasan
Bewind 12 April 240 – Mei 270[1]
Gebore c. 215
Gesterf Mei 270 (op 55)
Voorganger Ardasjir I
Opvolger Hormizd I
Vader Ardasjir I

Die naam "Sjapoer" is ’n kombinasie van die woorde sjah ("koning") en puça ("seun"), en beteken dus letterlik "seun van die koning".

Sjapoer was die seun van Ardasjir I (224–242), die stigter van die Sassanidiese dinastie vir wie Sjapoer opgevolg het. Hy het sy pa op sy veldtogte teen die Partiërs vergesel wat in dié tyd ’n groot deel van die Iranse plato beheer het deur ’n stelsel van leenstate, waarvan Persië self nog deel was.

Die datum van sy troonbestyging word gewoonlik as 240 aangegee; dit was ook die jaar waarin Hatra verower en verwoes is. Hatra was sowat 100 km suidwes van Nineve en Mosoel in die hedendaagse Irak.

Verwysings

  1. Shahbazi, Shapur (2003). "Shapur I". Encyclopedia Iranica. Costa Mesa: Mazda.
  2. Ardašīr I, Joseph Wiesehöfer, Encyclopaedia Iranica, 11 Augustus 2011
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.