Sitroensuur

Sitroensuur is 'n chemiese verbinding. Dit is 'n triprotiese organiese suur met die formule C6H8O7, oftewel C3H4(OH)(COOH)3. Sy soute heet sitrate.

Eienskappe

Algemeen

NaamSitroensuur 
IUSTC-naam2-hidroksi-1,2,3-propaantrikarboksielsuur
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule C6H8O7
Molêre massa192,12
CAS-nommer77-92-9[1]  
VoorkomsWit poeier  
Reukreukloos
Fasegedrag
Smeltpunt 154,5 °C[1]
Kookpunt
Digtheid1,665 [g/cm3][1]
Oplosbaarheid59,2% (20 °C)[1] 
Henry se konstante3,0 x 10+18 [L/mol.atm] [2]

Suur-basis eienskappe

pKa3,15 4,77 en 5.19[3]

Veiligheid

Flitspunt- 
Selfontbrandingspunt1 010 °C[1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Dit is veral bekend as die stof wat suurlemoene 'n suur smaak gee.

Die stof kom voor in party vrugte, veral sitrus, maar word ook wêreldwyd in miljoene tonne per jaar vervaardig.

Die stof speel 'n groot rol in die biochemie omdat dit onderdeel is van die Krebs-siklus. Diere en ook die mens vervaardig sitroensuur en sitraatione uit vette, proteïene en koolhidrate om energie te verkry uit hierdie voedingstowwe. Sitraatione kan ook ophoop in lewende organismes, water in die natuur en in die grond. Die Arabiese navorser Abu Musa Jabir Ibn Hayyan, ook bekend as 'Geber' het dit waarskynlik ontdek. Carl Wilhelm Scheele het dit in 1784 gesuiwer en gekristalliseer. Liebig het in 1834 gevind dat dit 'n triprotiese suur is met 'n hidroksi-groep.[4]

Verwysings

  1. "Avogadro Iowa State U." (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2016. Besoek op 21 April 2016.
  2. Sander.
  3. "Polyprotic acids". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2019. Besoek op 21 April 2016.
  4. Citric Acid Alexander Apelblat, Springer, 2014, ISBN 3-319-11233-3, ISBN 978-3-319-11233-6
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.