Siprus (eiland)
Siprus, ook Ciprus, (Grieks: Κύπρος, [ˈcipros]; Turks: Kıbrıs, [ˈkɯbɾɯs]) is die grootste eiland in die oostelike Middellandse See en lê, afhangende van die definisie, in Suidoos-Europa of Wes-Asië. Dit is sedert 1974 de facto tussen die internasionaal erkende Republiek Siprus in die suide en die Turkse Republiek van Noord-Siprus, wat net deur Turkye erken word, in die noorde opgedeel. Albei dele word deur 'n buffersone onder administrasie van die Verenigde Nasies van mekaar geskei. Daarbenewens is die twee Britse soewereine militêre basisse Akrotiri en Dhekelië, 'n oorblyfsel van Brits-Siprus, op die eiland geleë.
- Hierdie artikel handel oor die eiland. Vir die soewereine staat met dieselfde naam, sien Siprus. Vir die noordelike deel van die eiland, sien Turkse Republiek van Noord-Siprus.
Siprus Inheemse naam: Κύπρος / Kıbrıs | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Siprus | |
Geografie | |
Ligging | Suidoos-Europa / Wes-Asië |
Koördinate | 35°7′N 33°24′O
|
Oppervlakte | 9 251 vk km |
Hoogste punt | Berg Olympus 1 952 m |
Administrasie | |
Siprus
| |
Hoofstad | Nicosia |
Grootste stad | Nicosia (55 014) |
Turkse Republiek van Noord-Siprus | |
Hoofstad | Noord-Nicosia/Lefkoşa |
Grootste stad | Noord-Nicosia/Lefkoşa (61 378) |
Akrotiri en Dhekelië | |
Hoofstad | Episkopi |
grootste stad | Episkopi
|
Demografie | |
Bevolking | 788 457 |
Bevolkingsgroepe | Grieke en Turke |
Die wêreld se 80ste grootste eiland |
Siprus is in die ooste van Griekeland, in die suide van Turkye, in die weste van Sirië, in die noordweste van Libanon, Israel en Palestina, asook in die noordweste van Egipte geleë. Siprus het 'n bevolking van 788 457 in 2017 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 9 251 km². Siprus is die derde grootste en derde mees bevolkte eiland in die Middellandse See ná Sisilië en Sardinië en die grootste eiland in die Levantynse See, 'n see in die oostelike deel van die Middellandse See.
Eksterne skakls
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Siprus (eiland).
- (en) Toerisme-inligting oor Siprus op Wikivoyage
- (en) "Cyprus". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 Mei 2020.