Sintetisme

Sintetisme is ’n term wat deur postimpressionistiese kunstenaars soos Paul Gauguin, Émile Bernard en Louis Anquetin gebruik is om hul werk van impressionisme te onderskei. Vroeër is dit verbind met die term cloisonnisme en later met simbolisme.[1]

Die Talisman, deur Paul Sérusier, een van die belangrikste werke uit die sintetismeskool.

Die woord is afgelei van die Franse werkwoord synthétiser (om tot ’n sintese of eenheid te bring).

Verwysings

  1. Brettell, Richard R. (1999). Modern Art, 1851-1929: Capitalism and Representation. Oxford University Press. ISBN 019284220X.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.