Sint-Jans-Molenbeek
Sint-Jans-Molenbeek (Nederlands: [sɪnt ˈjɑns ˈmoːləmˌbeːk] of Molenbeek-Saint-Jean (Frans: [molənbek sɛ̃ ʒɑ̃]), kortweg Molenbeek, is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die Brusselse Hoofstedelike Gewes. Die munisipale gebied het 'n bevolking van 96 501 (soos op 1 Januarie 2019) en 'n oppervlakte van 5,89 km². Die amptelike tale is Nederlands en Frans, maar daar word ook Arabies gepraat.
Sint-Jans-Molenbeek | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | België |
Gewes (deelstaat) | Brussel-Hoofstad |
Streek | Brussel |
Koördinate | 50°51′N 4°19′O |
Oppervlak: | |
- Totaal | 5,89 vk km |
Bevolking: | |
- Totaal (1 Januarie 2019) | 96 501 |
- Bevolkingsdigtheid | 16 383,9/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Burgemeester | Catherine Moureaux (PS) |
Amptelike Webwerf | Molenbeek |
Die munisipaliteit het 'n Moslemgemeenskap van ca. 25-30%, veral van Marokkaanse afkoms. Daar is groot sosiale probleme met hoë kriminaliteit en werkloosheid en min edukatiewe moontlikhede.[1] In 2016 het die munsipaliteit in die nuus gekom deurdat een van die terroriste van die aanslag in Parys, Salah Abdeslam, hom hier versteek het en hier in hegtenis geneem is.
Verwysings
- (en) "citylab.com". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2017. Besoek op 26 April 2017.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sint-Jans-Molenbeek.
- (fr) (nl) Amptelike webwerf van die munisipaliteit