Singalees
Singalees of Sinhala (සිංහල, singhala, [ˈsiŋɦələ]) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 16 miljoen mense in Sri Lanka gepraat word. Singalees vorm saam met Tamil die amptelike tale van Sri Lanka en is die belangrikste inheemse taal van dié eilandnasie. Singalees is nou verwant aan Dhivehi en word in die Singalese alfabet geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie. Ander verwante tale sluit in Konkani in die Indiese deelstaat Goa en Marathi in die Indiese deelstaat Maharashtra, hoewel Konkani soms as 'n dialek van Marathi beskou word.
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Singalese.
Singalees සිංහල singhala | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˈsiŋɦələ] | |
Gepraat in: | Sri Lanka | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 16 miljoen (moedertaal) 2 miljoen (tweede taal)[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Suid-Indo-Aries Eiland-Indo-Aries Singalees | |
Skrifstelsel: | Singalese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Sri Lanka | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | si | |
ISO 639-2: | sin | |
ISO 639-3: | sin | |
Verwysings
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Sinhala" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2019. Besoek op 10 Junie 2017.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Singalees.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Singalees.
- (en) "Sinhalese language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Junie 2017.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.