Sinemurium

Die Sinemurium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Jura (serie/epog Vroeë Jura). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
Kryt Vroeg Berriasium jonger
Jura Laat Titonium 145,0–152,1
Kimmeridgium 152,1–157,3
Oxfordium 157,3–163,5
Middel Callovium 163,5–166,1
Batonium 166,1–168,3
Bajosium 168,3–170,3
Aalenium 170,3–174,1
Vroeg Toarsium 174,1–182,7
Pliensbachium 182,7–190,8
Sinemurium 190,8–199,3
Hettangium 199,3–201,3
Trias Laat Rhaetium ouer
Die verdeling van die Jura (IKS).

Die tydperk was van sowat 199,3 en 190,8 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Hettangium en gevolg deur die Pliensbachium.

Naam en definisie

Die globale stratotipepunt vir die Sinemurium is in ’n rots oos van Watchet in die graafskap Somerset in Engeland.[2]

Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammonietgenera Vermiceras en Metophioceras, en die bokant deur die eerste voorkoms van die ammoniet Bificeras donovani en die ammonietgenera Apoderoceras en Gleviceras.

Verwysings

  1. Gradstein et al. (2012)
  2. Bloos & Page (2001)

Bronne

  • (en) Bloos, G. & Page, K.N.; 2001: Global Stratotype Section and Point for base of the Sinemurian Stage (Lower Jurassic), Episodes 25(1), pp. 22-28, PDF Geargiveer 27 Augustus 2010 op Wayback Machine
  • (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.