Simoesjir
Simoesjir (Russies: Симуши́р; Japannees: 新知島, Shimushiru-tō; Ainoe: シムシㇼ, Si=moe=sir, "Groot Eiland"), is 'n onbewoonde vulkaniese eiland naby die middel van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan. Dit was voorheen as Marikan bekend.[1]
Simoesjir | |
---|---|
Eiland van die Koerile | |
![]() 'n Nasa-foto van Simoesjir.
![]() | |
Ligging | See van Ochotsk |
Plaaslike naam | Симушир シムシㇼ 新知島 |
Argipel | Koerile |
Hoogste punt | 1 540 m |
Land | ![]() |
Deelgebied | Sachalin-oblast |
Bevolking | 0 |
Tussen 1987 en 1994, in die tyd van die Sowjetunie, is Broutonbaai deur die Sowjetvloot gebruik as 'n geheime duikbootbasis. Dit het toe 'n bevolking van sowat 3 000 gehad. Die oorblyfsels van die basis kan duidelik op satellietfoto's gesien word.[2]
Vandag is die eiland onbewoon. Dit is saam met die ander eilande van die Koerile deel van die Russiese Federasie se Sachalin-oblast.
Verwysings
- Active, of New Bedford, 23 Mei 1854, Nicholson Whaling Collection #11.
- Ryan (15 Maart 2015). "Take a Look Inside These Abandoned Submarines & Bases". History in Orbit website. pp. 18–20. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2021. Besoek op 6 Julie 2018.
Skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Simoesjir.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.