Simfise
Die simfise (wat ook die "skaambeenvoeg" genoem kan word) is ’n verbinding van die linker- en regterskaambeen deur kraakbeen. Dit is voor en onder die blaas geleë.
Simfise | ||
Inligting en eksterne bronne | ||
Die menslike bekken. Die simfise is no. 5 op die skets. | ||
Inligting | ||
Latyn | symphysis pubica, symphysis pubis | |
Ligging | Bekken | |
Eksterne bronne | ||
MeSH | D011631 | |
FMA | 16950 |
In mans is die draagligament van die penis aan die simfise geheg. In vroue is die simfise naby die klitoris. In normale volwassenes kan dit rofweg 2 mm beweeg en met 1 graad roteer word. Dit neem toe by vroue wanneer hulle die lewe skenk.[1]
Die naam kom van die Griekse woord symphysis, wat "saamgroei" beteken.
Verwysings
- Becker, I.; Woodley, S.J.; Stringer, M.D. (2010). "The adult human pubic symphysis: a systematic review". Journal of Anatomy. 217 (5): 475–87. doi:10.1111/j.1469-7580.2010.01300.x. PMC 3035856. PMID 20840351.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Simfise.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.