Silwervis
Die silwervis (Argyrozona argyrozona) is 'n endemiese vis wat aan die Suid-Afrikaanse suidkus voorkom van Tafelbaai af tot aan die Oos-Kaapse kus. Dit behoort tot die monotipiese genus Argyrozona, en staan ook as Kapenaar, of in Engels, as die carpenter of carpenter seabream bekend. Die Griekse genus- en spesienaam is afgelei van argyros, d.w.s. silwer of versilwer, en zono, 'n gordel, verwysend na die silwer strepe oor die lyf.[1]
Silwervis | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Argyrozona |
Spesie: | A. argyrozona |
Binomiale naam | |
Argyrozona argyrozona (Valenciennes, 1830) | |
Voorkoms
![](../I/Argyrozona_argyrozona%252C_by_vismark_in_Pretoria%252C_a.jpg.webp)
Die vis se kop en lyf is silwer met sewe horisontale silwerpienk strepe met klein, blou kolletjies aan die sye. Die vis is gewoonlik 40 cm lank maar kan tot 90 cm lank word en weeg dan 4 kg.
Habitat
Die volwasse visse kom voor in water van 50 – 200 m diep by riwwe of oor rotsagtige seebodems. Die onvolwasse visse verkies riwwe nader aan die land in water wat 10 – 40 m diep is. Die silwervis eet tjokka, ansjovis en sardyne. Die wyfies skiet kuit van Desember tot April. Dit is 'n gewilde eetvis.
Trivia
Die papierbek, Barbus mattozi, is 'n varswatervis wat ook as die silwervis bekend staan.
Sien ook
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Argyrozona argyrozona. |
Verwysings
Bronne
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6.
- Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0.
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Eksterne skakel
- http://eol.org/pages/203939/overview Geargiveer 20 Oktober 2018 op Wayback Machine