Silwerhalogenide

’n Silwerhalogenide of silwerhalide (ook silwersout genoem) is een van die chemiese samestellings wat vorm tussen silwer en een van die halogene silwerbromied (AgBr), silwerchloried (AgCl), silwerjodied (AgI) en drie vorms van silwerfluoried. Daar word soms na die groep verwys as "silwerhalogenides" of met die valse chemiese afkorting AgX.

Die ligsensitiewe chemiese middels wat op fotografiese film en papier gebruik word, is silwerhalogenides.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.