Silverton
Silverton is 'n ou en gevestigde voorstad in die verre ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Menige ander woonbuurte het rondom Silverton uitgebrei oor die afgelope 60 jaar.
Silverton | |
---|---|
Silverton Silverton se ligging in Gauteng | |
Koördinate: 25°43′54″S 28°18′20″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Hoofplek | Pretoria |
Oppervlak | |
• Totaal | 4,38 km2 (1,69 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 9 590 |
• Digtheid | 2 189/km2 (5 670/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 48,0% |
• Indiërs/Asiërs | 1,6% |
• Bruin mense | 9,0% |
• Swart mense | 40,1% |
• Ander | 1,5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 52,6% |
• Engels | 15,3% |
• Noord-Sotho | 6,4% |
• Suid-Sotho | 5,1% |
• Ander | 20,6% |
Skakelkode | 012 |
Geskiedenis
Dawid Botha, 'n boer uit die Kaapkolonie, en sy familie, was die eerste mense om hulself in 1848 te vestig op die plaas Hartebeespoort waar Silverton vandag geleë is. Die Bothafamilie het die plaas in 1851 aan ene Vermeulen verkoop. In 1874 is die plaas aan die Duitse immigrant Hans Mundt verkoop. Mundt het dit gebruik vir 'n halfwegstasie vir reisigers, aangesien die plaas op die hoofvervoerroete na Pelgrimsrus geleë was, toe die goudstormloop daarheen begin het. In 1900 is silwer op die plaas ontdek, en 'n gedeelte van die plaas is deur die Silver Mining Company opgekoop. In 1961 is die eiendom aan die Munisipaliteit van Silverton geskenk en in 1975 is dit as die Pionier-opelugmuseum vir die publiek geopen.[2]
Die Silvertonbeleg
Op 25 Januarie 1980 was drie Umkhonto we Sizwe-lede, Stephen Mafoko, Humphrey Makhubo en Wilfred Madela na bewering op pad na 'n beplande MK-sabotasie op brandstofdepots by Waltloo. Toe hulle besef dat hulle deur die polisie agtervolg word, het hulle hul toevlug geneem in 'n plaaslike tak van Volkskas Bank in Silverton. Hulle het 25 burgerlikes in die bank gyselaar gehou en 'n aantal eise gestel. Na 'n reeks onsuksesvolle onderhandelinge, het die polisie die bank bestorm en die trio doodgeskiet. Twee burgerlikes, Valerie Anderson en Anna de Klerk, is ook dood en talle ander is gewond in die skietery.[3]
Sien ook
Verwysings
- "Subplek Silverton". Sensus 2011.
- "Dinokeng: Pioneer Museum" (in Engels). www.gauteng.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 3 Maart 2017.
- "SA History: Silverton Siege 1980" (in Engels). sahistory.org.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2019. Besoek op 3 Maart 2017.