Silikon-28

Silikon-28 (chemiese notasie: 2814Si) is 'n stabiele isotoop van silikon. Dit is die isotoop wat die volopste voorkom.

Eienskappe

Algemeen

NaamSilikon-28 
 
Protone14 
Neutrone14 
Kernspin0+[1] 
Massa-oorskot-21492,7968 keV[1] 

Status

Statusstabiel[1] 
Relatiewe voorkoms92,2297 %[1]  

Navigasie

2713Al
2814Si
2914Si
Lys van isotope
Portaal Chemie
Portaal Fisika

KMR

28Si het 'n kernspin I=0 en is daardeur in teenstelling tot silikon-29 ongeskik vir kernmagnetiese resonansie.

Nukleosintese

Silicon-28 is 'n primêre nuklied in nukleosintese. Dit word gevorm in die suurstofverbranding wat in 'n later fase van 'n ster se ontwikkeling plaasvind:

16O + 16O → 28Si + 4He

In hierdie fase is daar reeds magnesium aanwesig en het helium verdwyn. Die gevormde alfadeeltjie reageer daardeur as:

4He + 24Mg → 28Si + γ

Later sal die ster ineenstort in 'n supernova en word volop silikon-28 vrygestel. Dit verklaar waarom hierdie nuklied volop is en 'n groot deel van die aardkors vorm.[2]

Atoommassa

Onsekerheid in die atoommassa

Silikon-28 se atoommassa is met groot noukeurigheid bekend en dit het aansienlik oor tyd verbeter. Daar is belangstelling in die isotoop omdat geleerdes van die Avogadroprojek planne maak om die definisie van die atoommassa-eenheid, die mol en die kilogram te hersien. Dit was op die isotoop koolstof-12 gebaseer (tot 2018),[3] maar die definisie word dalk in die toekoms op silikon-28 afgestem. Daar is reeds 6 kg uiters suiwere silikon-28 vervaardig.[4]

Verwysings

  1. The NUBASE evaluation of nuclear and decay properties G. Audi, O. Bersillon, J. Blachot, A.H. Wapstra IUPAC
  2. Handbook of Isotopes in the Cosmos: Hydrogen to Gallium Donald Clayton Cambridge University Press, 2007, ISBN 0-521-53083-0, ISBN 978-0-521-53083-5
  3. "On the revision of the International System of Units - International Union of Pure and Applied Chemistry". IUPAC | International Union of Pure and Applied Chemistry (in Engels). 16 November 2018. Besoek op 1 Maart 2021.
  4. 6 kg isotopenreines Silizium 28 für das Internationale Avogadro-Projekt Peter Becker PTB(de)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.