Sigaret
'n Sigaret (afkomstig van die Franse woord cigarette, wat klein sigaar beteken) is 'n produk waarmee tabak wat in 'n dun papier toegerol is, gerook word. Die meeste sigarette bevat 'n "gerekonstitueerde tabak" -produk, bekend as "laken", wat bestaan uit herwinde tabakstingels, stukkies en versamelstof, waaraan gom, chemikalieë en vullers gevoeg word; die produk word dan met nikotien gespuit wat uit die tabakstukkies onttrek is en in krulle gevorm is.[1]
Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word. Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word. |
Onlangs het verskeie lande se belastingbeleid jeens tabakprodukte meegebring dat die stam van die tabakplant nou ook in die sigarette ingewerk word, pleks van om dit nie te gebruik nie. Die stam word eers platgeslaan en dan gesny sodat dit soos die blaar lyk en dan word dit by die gesnyde blare gevoeg. Die sigaret is in die 18de eeu benoem: boemelaars in Seville, Spanje het die señoritos (ryk jong mans) se sigare opgetel, die tabak wat oorgebly het in papier gerol en dit gerook.
Hoe dit gebruik word
Die een kant word met 'n vlammetjie aangesteek en dan gerook. Tabak is 'n wettige dwelmmiddel in die meeste lande. Dit word soms deur minderjariges in skole misbruik, deels vir sosiale aanvaarbaarheid.
Hoe dit gemaak word
Kommersieël geproduseerde sigarette is relatief maklik om te maak, hulle bestaan meestal uit 'n tabakmengsel, papier, PVA-gom en somtyds 'n filter.
Papier
Die papieromhulsel, wat die tabak vashou, mag van materiaal verskil maar meestal hou dit die vlam se brandperiode stadig, ventileer nie by die kante uit nie en hou die stabiliteit van die as reg. Die mondarea, wat die filter bevat, stabiliseer die mondstuk teen spoeg en brandgevaar wat die roker se lippe kan skroei en laastens die spoed en tyd wat die vlam neem om deur te brand.
Tabakmengsel
Deur 'n paar produkte saam te meng kan daar verskillende geure en smake ontdek word. Tabak, wat reg oor die wêreld aangeplant word, het verskillende geure en kleure. Dit hang natuurlik af van die klimaat, die jaartal en ander kondisies. 'n Sigaret bestaan meestal uit blare van die gekuurde helderblaar, burleytabak, en oosterse tabak. Die blare word geselekteer na gelang van hul ouderdom.
Moontlike gevolge van rook
- Kanker van die longe, keel, stembande, mond, tong, maag, slukderm, blaas, pankreas, lewer en baarmoeder
- Hartaanvalle
- Beroertes
- Bloedvatsiektes
- Emfiseem. Longkanker is die tweede algemeenste kanker in Suid-Afrika onder mans. Een uit elke 59 mans word met longkanker gediagnoseer.
- Chroniese brongitis
- Impotensie
Verder kan rook ook by vroulike rokers die menopouse vervroeg en die risiko van osteoporose verhoog. Mortaliteit onder babas van moeders wat rook is veel hoër.
Die gesondheidsprobleme wat met rook gepaard gaan het owerhede wêreldwyd, en ook in Suid-Afrika, genoop om drastiese rookwetgewing in te stel.
Die onmiddellike gevolge van passiewe rook
Voordele om op te hou
Veronderstel jy rook 20 sigarette per dag, mag die volgende met jou liggaam gebeur as jy ophou:
- Nikotien-neweprodukte in jou bloed sal daal.
- Binne 6 ure neem jou hartklop af maar dit duur 30 dae om jou bloeddruk te laat afneem.
- Binne 12 tot 24 uur sal koolstofmonoksied uit jou liggaam geskei wees en jou longkapasiteit sal verbeter.
- Binne dae sal jy beter ruik en lyk; jou reuk en smaaksin sal verbeter.
- Slym sal binne dae uit jou longe loskom en jy sal dit uithoes oor 'n tydperk van 'n paar weke.
- Jou longe sal binne 3 weke beter funksioneer en oefening sal makliker wees.
- Binne 2 maande sal bloedtoevoer na jou ledemate verbeter.
- Jou tande sal witter wees.
- Ná 12 maande sal die gevaar van koronêre hartsiektes met die helfte verminder.
- Ná 5 jaar het die gevaar van longkanker met die helfte verminder.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sal rook teen die jaar 2030 die grootste oorsaak van sterftes in die wêreld wees.
In lande soos Amerika, Brittanje en Kanada veroorsaak rook meer sterftes as MIV/vigs, heroïen, kokaïen, alkohol, brande, moorde, selfmoorde en padongelukke tesame. In Suid-Afrika is tabakverwante siektes die oorsaak van meer as 25 000 sterftes per jaar.
Persentasie rokers volgens geslag
In 2000, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie.
Land/Gebied | % Mans | % Vroue |
---|---|---|
Afrika | 29 | 4 |
VSA | 35 | 22 |
Oostelike Middellandse See-lande | 35 | 4 |
Europa | 46 | 26 |
Suid-Oos Asië | 44 | 4 |
Lande aan die Westelike Stille Oseaan | 60 | 8 |
Verwysings
- Rabinoff, Michael; Caskey, Nicholas; Rissling, Anthony; Park, Candice (November 2007). "Pharmacological and Chemical Effects of Cigarette Additives". American Journal of Public Health. 97 (11): 1981–1991. doi:10.2105/AJPH.2005.078014. PMC 2040350. PMID 17666709.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |