Sien Jou Môre

Sien Jou Môre is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1970 deur Kavalier Films vervaardig en uitgereik is. Dit is ’n kykie na die sestigerjare in Suid-Afrika, ’n era van dwelms, partytjies en sorgelose verhoudings, en was ’n gewaagde prent vir dié tyd.

Sien Jou Môre
Regisseur Elmo de Witt
Produksieleier Tommie Meyer, Ben Vlok
Met Chris du Toit, Clasie Botha, Franz Marx e.a.
Verspreider Kavalier Films
Uitgereik 1970
Speeltyd 86 min.
Land Suid-Afrika
Taal Afrikaans
IMDb-profiel

Genre

Die rolprent is 'n drama.

Akteurs

Van die akteurs is Chris du Toit, Clasie Botha, Tony Jay, Franz Marx en Francois van Heyningen.

Storielyn

Dis die sestigerjare en twee studente, Tien en Nelia, is verlief. ’n Vriendin sterf aan ’n oordosis en kort daarna pleeg haar vriend selfmoord. Tien voel ’n professor is vir albei se dood verantwoordelik en ’n konfrontasie ontstaan tussen die mans wat tot ’n tragedie lei.

Sien ook

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.