Sidon
Sidon, plaaslik bekend as Saida (Arabies: صيدا), is die derde grootste stad in Libanon. Dit is aan die Mediterreense kus geleë in die goewernement Suid-Libanon, waarvan dit die hoofstad is. Tirus, in die suide, en die Libanese hoofstad, Beiroet in die noorde, is albei sowat 40 km van daar. Sidon het 'n bevolking van sowat 80 000 binne die stadsgrense, terwyl sy metropolitaanse gebied meer as 'n kwartmiljoen inwoners het.
Sidon صيدا Saida | |
---|---|
Stad | |
Koördinate: 33°33′38″N 35°22′33″O | |
Land | Libanon |
Distrik | Sidon-distrik |
Oppervlak | |
• Stad | 7,82 km2 (3,02 vk. myl) |
• Metro | 25 km2 (10 vk. myl) |
Bevolking | |
• Stad | ~80 000 |
• Metro | 266 000 |
Tydsone | UTC+2 |
Oorsig
1ste Oorgangstydperk: ḏjdwn[1][2] in hiërogliewe |
---|
Middelryk van Egipte: ḏddwn[3][4] in hiërogliewe |
---|
Die Fenisiese naam, Ṣīdūn (𐤑𐤃𐤍), het waarskynlik iets soos "vissersdorp" beteken.[5] Dit word in Papyrus Anastasi I Djedouna genoem.[1][2][3][4] In Bybelse Hebreeus is dit Ṣīḏōn (צִידוֹן) gespel en in klassieke Siries Ṣidon (ܨܝܕܘܢ). Dit is vergrieks tot Sidṓn (Σιδών) en gelatiniseer tot Sidon. Die naam verskyn in klassieke Arabies as Ṣaydūn (صَيْدونْ) en in moderne Arabies as Ṣaydā (صيدا).
As 'n Romeinse kolonie het dit die amptelike naam Colonia Aurelia Pia Sidon gekry ter ere van sy keiserlike borg. Tydens die Kruistogte was Sidon in Latyn bekend as Sagittus en in Frans as Saete, Sayette of Sagette.
In Genesis is Sidon die oudste seun van Kanaän, 'n seun van Gam, en dus was Sidon 'n agterkleinseun van Noag.
In die jare voor die Christendom het baie volke Sidon verower: die Assiriërs, Babiloniërs, Egiptenare, Perse, Grieke en eindelik die Romeine.
Herodes die Grote het Sidon besoek. Beide Jesus en Paulus het dit ook na bewering besoek. Die stad is eindelik deur die Arabiere verower en toe deur die Ottomaanse Turke.
Verwysings
- Gauthier, Henri (1929). Dictionnaire des Noms Géographiques Contenus dans les Textes Hiéroglyphiques Vol. 6. p. 113.
- Wallis Budge, E. A. (1920). An Egyptian hieroglyphic dictionary: with an index of English words, king list and geological list with indexes, list of hieroglyphic characters, coptic and semitic alphabets, etc. Vol II. John Murray. p. 1064.
- Gauthier, Henri (1929). Dictionnaire des Noms Géographiques Contenus dans les Textes Hiéroglyphiques Vol. 6. p. 138.
- Wallis Budge, E. A. (1920). An Egyptian hieroglyphic dictionary: with an index of English words, king list and geological list with indexes, list of hieroglyphic characters, coptic and semitic alphabets, etc. Vol II. John Murray. p. 1065.
- Frederick Carl Eiselen (1907). Sidon: A Study in Oriental History, Volume 4. Columbia University Press. p. 12. ISBN 9780231928007.
Skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sidon.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.