Siddha
’n Siddha in Hindoeïsme is "iemand wat volmaak is".[1][2] Dit verwys na meesters wat ’n hoë graad van fisieke sowel as spirituele volmaaktheid of verligting behaal het. Dit kan ook verwys na iemand wat siddhi's (paranormale vermoëns) ontwikkel het.
_-_Virupa_16_century_Private_coll..jpg.webp)
Die term siddha verwys rofweg na heiliges, naths, askete of jogi's omdat hulle ’n hoë vlak van spirituele praktyke beoefen.[3] Die woorde siddha, mahasiddha en nath word afwisselend gebruik.
Siddhas word ook in Boeddhisme en Djainisme aangetref. In Boeddhisme het hulle Vajrayana-Boeddhisme gestig en in Djainisme het hulle bevryde siele wat alle karma vernietig het en moksha behaal het.[4] Siddhas het nie ’n liggaam nie; hulle is siele in hul suiwerste vorm. Hulle woon in die Siddhashila, wat aan die bokant van die heelal geleë is.[5]
Verwysings
- "Definition: Mahasiddha (Indian Adept) & Siddha Appearance".
{{cite journal}}
: Cite journal requires|journal=
(hulp) - "Siddha-asana The accomplished or adept pose".
{{cite journal}}
: Cite journal requires|journal=
(hulp) - Zimmermann, Marion (2003). A short introduction: The Tamil Siddhas and the Siddha medicine of Tamil Nadu. GRIN Verlag. p. 4. ISBN 9783638187411.
- "The purpose of life in Jainism". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2015. Besoek op 10 September 2015.
{{cite journal}}
: Cite journal requires|journal=
(hulp) - "Jainism Cosmology".
{{cite journal}}
: Cite journal requires|journal=
(hulp)
Eksterne skakels
- Besonderhede oor 18 siddhas
- Tamil-siddhatradisie
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Siddha.
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia