Sias Reinecke
Sias Reinecke (23 April 1940 – 8 Oktober 1982) was 'n legendariese Afrikaanse sanger wat ook deel van die sanggroep Groep Twee was. Hy is bekend vir treffers soos Sproeitjies, Die Seewind Bring Heimwee, Klein Karoo, Dink Jy Darem Nog aan My en Wie Sal Kom Nagsê. Reinecke wat in Randfontein woonagtig was, is op die ouderdom van 42 jaar aan 'n hartaanval oorlede terwyl hy op toer was en pas ná 'n optrede op Amersfoort. Hy is op 12 Oktober vanuit die Gereformeerde kerk Randfontein, waarvan hy lidmaat was, begrawe. Ds. L.J.J. Coetzee het die diens gelei. Hy het nog die Saterdagaand voor sy dood tydens 'n gemeentegeleentheid van GK Randfontein opgetree en die vorige Saterdag op die Afrikaanse musiekfees in Roodepoort. Reinecke het vyf kinders gehad, van wie die jongste, Dirkie, vyf jaar oud was ten tyde van sy pa se dood.
Sias Reinecke | |
---|---|
Gebore | 23 April 1940 Johannesburg, Suid-Afrika |
Sterf | 8 Oktober 1982[1] |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Stem |
Assosiasies | Groep Twee |
Verwysings
- Herinnerings aan Sias Reinecke, Maroela Media, besoek op 14 Oktober 2015