Shire-stekelpaling
Die Shire-stekelpaling (Aethiomastacembelus shiranus) is 'n varswater vis wat voorkom in die Shirerivier en Malawimeer. In Engels staan die vis bekend as die Shire spiny eel.
Shire-stekelpaling | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Travers, 1988 |
Spesie: | M. shiranus |
Binomiale naam | |
Aethiomastacembelus shiranus | |
Sinonieme | |
Voorkoms
Die lyf is lank, slank en palingagtig met die kop en stert gepunt. Die lippe is dik en vlesig. Die vis is bruin met 'n fyn patroon op die stert gedeelte. Die vis word tot 260 mm lank.
Habitat
Die vis leef in plante langs die kante van vinnig vloeiende riviere. Hulle word ook in rots skeure gevind. Die vis vreet insekte en klein ongewerweldes.
Trivia
Daar word vemoed dat die spesie dieselfde kan wees as die Langstert-stekelpaling.
Sien ook
Bron
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Eksterne skakel
Verwysings
- IUCN (en)
- Günther, A., 1896. Descriptions of two new species of fishes (Mastacembelus and Barbus). Ann. Mag. Nat. Hist. (Ser. 6) v. 17 (núm. 101): 397.
- Catalogue of Life[dooie skakel] (en)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.