Shimon Peres
Shimon Peres (Hebreeus: שמעון פרס ), gebore as Szymon Perski, (2 Augustus 1923 in Vishnyeva, Pole – 28 September 2016 in Ramat Gan) was 'n Israelse politikus. Hy was eers lid van die Mapai-party, daarna die Rafi-, die Verbond-, die Arbeidsparty en uiteindlik Kadima.
Shimon Peres שמעון פרס (he) | |
Peres in 2009 | |
Ampstermyn 15 Julie 2007 – 24 Julie 2014 | |
Eerste minister | Ehud Olmert, Benjamin Netanyahu |
---|---|
Voorafgegaan deur | Dalia Itzik (wnd.) |
Opgevolg deur | Reuven Rivlin |
Ampstermyn 4 November 1995 – 18 Junie 1996 | |
Voorafgegaan deur | Yitzhak Rabin |
Opgevolg deur | Benjamin Netanyahu |
Ampstermyn 13 September 1984 – 20 Oktober 1986 | |
Voorafgegaan deur | Yitzhak Shamir |
Opgevolg deur | Yitzhak Shamir |
Ampstermyn 22 April 1977 – 21 Junie 1977 (waarnemend) | |
Voorafgegaan deur | Yitzhak Rabin |
Opgevolg deur | Menachem Begin |
Minister van Buitelandse Sake | |
Ampstermyn 2001 – 2002 | |
Ampstermyn 1992 – 1995 | |
Ampstermyn 1986 – 1988 | |
Minister van Verdediging | |
Ampstermyn 1995 – 1996 | |
Ampstermyn 1974 – 1977 | |
Minister van Finansies | |
Ampstermyn 1988 – 1990 | |
Minister van Vervoer | |
Ampstermyn 1970 – 1974 | |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Szymon Perski 2 Augustus 1923 Wiszniew, Pole |
Sterf | 28 September 2016 (op 93) Ramat Gan, Israel |
Politieke party | Mapai, Rafi, Verbond, Arbeidsparty, Kadima |
Eggenoot/-note | Sonya Gelman |
Kind(ers) | 3 |
Alma mater | The New School New York-universiteit Harvard-universiteit |
Religie | Judaïsme |
Peres is oorspronklik afkomstig uit Pole, maar emigreer in 1934 na die Britse mandaat van Palestina.
Hy was die Eerste Minister in 1977 (waarnemend), van 1984 tot 1986 en van 1995 tot 1996 gewees. Hy het ook van 2007 tot 2014 die amp van president beklee. Daarbenewens het hy (adjunk-)ministersposte beklee en was hy baie jare lank 'n partyleier. Van 1959 tot 2007 was hy 'n lid van die Knesset gewees.
Peres het sy mening gewysig en 'n voorstander van die Tweestaatoplossing geword: naas Israel, ook 'n Palestynse staat.
In 1994 het hy vanweë die Oslo-ooreenkomste saam met Jasser Arafat en Yitzhak Rabin die Nobelprys vir Vrede ontvang.[1]
Verwysings
- "The Nobel Peace Prize 1994" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2018. Besoek op 6 Oktober 2017.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Shimon Peres.
- (en) Shimon Peres, webwerf van die Knesset
Voorafgegaan deur Yitzhak Rabin |
Eerste Minister van Israel 1977 (wnd.) |
Opgevolg deur Menachem Begin |
Voorafgegaan deur Yitzhak Shamir |
Eerste Minister van Israel 1984–1986 |
Opgevolg deur Yitzhak Shamir |
Voorafgegaan deur Yitzhak Rabin |
Eerste Minister van Israel 1995–1996 |
Opgevolg deur Benjamin Netanyahu |
Voorafgegaan deur Dalia Itzik (wnd.) |
President van Israel 2007–2014 |
Opgevolg deur Reuven Rivlin |