Shane Warne
Shane Keith Warne (13 September 1969 – 4 Maart 2022) was 'n Australiese krieketspeler. Hy was 'n regterarm draaibouler en word wyd beskou as een van die grootste boulers in krieketgeskiedenis.[1] In 2008 is hy deur 'n paneel van krieketkenners as een van vyf van Wisden se Krieketspelers van die Eeu aangewys, die enigste spesialis bouler en die enigste speler wat ten tyde van die aanwysing steeds gespeel het. Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 1996, Krieketwêreldbeker 1999, Kampioenetrofee 2002 en Krieketwêreldbeker 2003 vir Australië gespeel.
Shane Warne | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Shane Keith Warne | |||||
Lengte | 1,83 m | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm draaibouler | |||||
Rol | Bouler | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Australië | |||||
Toetsdebuut | 2 Januarie 1992 v Indië | |||||
Laaste Toets | 2 Januarie 2007 v Engeland | |||||
EDI debuut | 24 Maart 1993 v Nieu-Seeland | |||||
Laaste EDI | 10 Januarie 2005 Wêreld XI v Asië XI | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1990/91–2006/07 | Victoria | |||||
2000–2007 | Hampshire Graafskap Krieketklub | |||||
2008–2012 | Rajasthan Royals | |||||
2011/12–2012/13 | Melbourne Stars | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toetse | EDI | 1e rang | |||
Wedstryde | 145 | 194 | 301 | |||
Lopies aangeteken | 3,154 | 1,018 | 6,919 | |||
Kolfgemiddeld | 17.32 | 13.05 | 19.43 | |||
100s/50s | 0/12 | 0/1 | 2/26 | |||
Hoogste telling | 99 | 55 | 107 * | |||
Aflewerings geboul | 40,705 | 10,642 | 74,830 | |||
Paaltjies | 708 | 293 | 1,319 | |||
Boulgemiddeld | 25.41 | 25.73 | 26.11 | |||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 37 | 1 | 69 | |||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 10 | 0 | 12 | |||
Beste boulontleding | 8/71 | 5/33 | 8/71 | |||
Vangskote/Stonkings | 125/– | 80/– | 264/– | |||
Bron: ESPNcricinfo, 29 Maart 2008 |
Warne het sy eerste Toetswedstryd in 1992 gespeel en meer as 1 000 paaltjies in toetse en Internasionale eendagwedstryde (EDI's) geneem.[2] Warne se 708 toetspaaltjies was tot 2007 die rekord vir die meeste paaltjies wat deur enige bouler in toetskrieket geneem is.[3] Hy is as een van die Wisden Krieketspelers van die Jaar gekies in die 1994 Wisden Krieketalmanak,[4] en was die Wisden Voorste Krieketspeler in die Wêreld in 1997 en 2004.[5][6] Hy was 'n nuttige stertkolwer en het meer as 3 000 toetslopies aangeteken, met 'n hoogste telling van 99 – en is steeds die kolwer wat die meeste lopies behaal het sonder 'n toetshonderdtal agter sy naam.[7] Warne het plaaslike krieket vir sy tuisstaat van Victoria en Engelse plaaslike krieket vir die Hampshire Graafskap gespeel. Hy was vir drie seisoene (vanaf 2005 tot 2007) kaptein van dié span.
Warne het in Januarie 2007, aan die einde van Australië se Reeks om die As reeksoorwinning oor Engeland uitgetree. Sy loopbaan het egter ook 'n reeks skandale opgelewer, insluitende 'n verbod op die speel van krieket na aanleiding van 'n positiewe toetsuitslag vir 'n verbode middel, aanklagte dat hy die sport in oneer gebring het, deurdat hy geld aanvaar het van beroepswedders, en seksuele wangedrag.
In 2007 is Warne as deel van Australië se beste EDI-span van alle tye gekies. Hy het in die eerste vier seisoene (2008–2011) van die Indiese Premierliga vir die Rajastan Royals gespeel, beide as kaptein en afrigter, en die kompetisie in 2008 gewen. Tydens die 150ste herdenking van die Wisden Cricketers' Almanack is Warne as deel van 'n "all-time Test World XI" gekies.[8] In 2012 is hy ook in die "Cricket Hall of Fame" ingelyf deur Krieket Australië.[9] In 2013 is Warne in die IKR se "Cricket Hall of Fame" ingelyf.[10] Tydens 'n peiling deur die Cricketers' Almanack in 2017 is hy as deel van Australië se beste elftal vir die "Reeks om die As" van die laaste 40 jaar gekies.[11] In Februarie 2018 het die Rajasthan Royals Warne as hul spanmentor aangestel vir die 2018-seisoen van die Indiese Premierliga.[12]
Na sy uittrede het hy gereeld as krieketkommentator gewerk, vernaam op Australië se Nine Network. Hy het sy tyd gegee aan liefdadigheidsorganisasies en ook kommersiële produkte bemark. Ter erkenning van sy bemeestering van die kuns van draaiboul en sy vaardighede is 'n standbeeld van hom by die Melbourne-krieketveld opgerig.
Verwysings
- (en) "The finest legspinner the world has ever seen". Cricinfo Australia. 20 Desember 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2007.
- (en) Arshad, Mazher (14 September 2016). "Shane Warne's career by the numbers". Cricket Australia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Januarie 2018. Besoek op 4 Maart 2022.
- (en) "1000 wickets for Warne". The Sydney Morning Herald. 3 Januarie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2007. Besoek op 3 Januarie 2007.
- (en) "Cricketer of the Year 1994 Shane Warne". ESPNcricinfo. 1994. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2014. Besoek op 9 Junie 2014.
- (en) "Wisden's Leading Cricketer In The World". ESPNcricinfo. 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2014. Besoek op 9 Junie 2014.
- (en) "The leading cricketer in the world, 2004 Shane Warne". ESPNcricinfo. 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2014. Besoek op 9 Junie 2014.
- (en) "Most runs in test career without a career hundred". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2017. Besoek op 29 Maart 2017.
- (en) "WG Grace and Shane Warne in Wisden all-time World Test XI". BBC Sport. 23 Oktober 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2019. Besoek op 26 Julie 2019.
- (en) "Warne inducted into Australia Cricket Hall of Fame". Bangkok Post. Bangkok Post Group. Agence France-Presse. 26 Februarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2022. Besoek op 24 Julie 2019.
- (en) "Shane Warne gets ICC Hall of Fame honour". India Today. Press Trust of India. 13 Julie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2019. Besoek op 19 Julie 2019.
- (en) "The Best Australian Ashes XI revealed". CA. 1 Desember 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2017. Besoek op 26 Julie 2009.
- (en) "Warne returns to Royals as mentor". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2018. Besoek op 13 Februarie 2018.
Bronne
- Warne, Shane (2006). My Illustrated Career. Cassell Illustrated. ISBN 1-84403-543-3.
- Shane Warne's Century – My Top 100 Cricketers by Shane Warne (Mainstream Publishing, 2008) ISBN
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Shane Warne. |
Wikiquote het aanhalings in verband met Shane Warne |
- Cricinfo Stats Guru: List of Test wickets for Shane Warne
- Cricket Australia media release congratulating Warne on 500th wicket
- 10 photos of milestone wickets in Warne's career
- Shane's Official Website
- Shane Warne op Twitter
Toekennings en prestasies | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Ricky Ponting |
Wisden se Voorste Krieketspeler in die Wêreld 2005 |
Opgevolg deur Andrew Flintoff |
Voorafgegaan deur Roger Federer |
BBC Sportpersoonlikheid Wêreldsportster van die Jaar 2005 |
Opgevolg deur Roger Federer |
Sportposisies | ||
Voorafgegaan deur John Crawley |
Hampshire Graafskap Krieketklub kapteine 2004–2007 |
Opgevolg deur Dimitri Mascarenhas |
Rekords | ||
Voorafgegaan deur Muttiah Muralitharan |
Meeste paaltjies in toetskrieketloopbaan 708 paaltjies (25.41) in 141 Toetse Rekord is gehou vanaf 15 Oktober 2004 tot 3 Desember 2007 |
Opgevolg deur Muttiah Muralitharan |