Seymour, Oos-Kaap
Seymour is 'n dorpie in die Oos-Kaap wat genoem is na luitenant-kolonel Seymour, militêre sekretaris van die goewerneur sir George Cathcart.
Seymour | |
---|---|
Seymour Seymour se ligging in Oos-Kaap | |
Koördinate: 32°47′S 26°50′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Amathole |
Munisipaliteit | Raymond Mhlaba |
Stigting | 1853 |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,59 km2 (1,00 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 467 |
• Digtheid | 953/km2 (2 470/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0% |
• Indiërs/Asiërs | 0% |
• Bruin mense | 1.7% |
• Swart mense | 97.8% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 95.9% |
• Afrikaans | 1.8% |
• Engels | 0.9% |
• Ander | 1.4% |
Poskode (strate) | 5750 |
Poskode (posbusse) | 5750 |
Skakelkode | 040 |
Dit is in 1853 gestig as middelpunt van die Katrivier-nedersetting van die Hottentotte en het later jare ontwikkel in 'n vooruitstrewende gemeenskap waarin wol en algemene boerdery gedy het.
Seymour was vroeër 'n kernpunt van die NG gemeente Greykerk, hoewel die kerkgebou en pastorie nie hier was nie, maar naby aan die dorpie Balfour. Die Greykerk het vroeër talle ander name gehad, maar is uiteindelik vernoem na die gewilde goewerneur sir George Grey. Later jare is dit by die NG gemeente Fort Beaufort ingelyf.
Sien ook
Bronne
- "Hoofplek Seymour". Sensus 2011.
- Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
- Raper, P.E., Dictionary of South African Place Names, Lowry Publishers, Johannesburg, 1987.
- Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.