Seyfert se Sekstet
Seyfert se Sekstet is ’n sterrestelselgroep sowat 190 miljoen ligjare van die Aarde af[1] in die sterrebeeld Slang. Dit lyk of die groep uit ses sterrestelsels bestaan, maar een is ’n agtergrondvoorwerp en nog ’n "stelsel" is eintlik deel van een van die ander sterrestelsels. Die swaartekrag-wisselwerking tussen hierdie stelsels behoort nog honderdmiljoene jare voort te duur. Eindelik sal hulle saamsmelt om een, reusagtige elliptiese sterrestelsel te vorm.
Seyfert se Sekstet | |
---|---|
Soort | Sterrestelselgroep |
Sterrebeeld | Slang |
Waarnemingsdata (Epog J2000) | |
Regte klimming | 15h 59m 11.9s |
Deklinasie | +20° 45′ 31″ |
Helderste stelsel | NGC 6027 |
Aantal stelsels | 4 |
Ander name | |
Serpens-sekstet, HCG 79, UGC 10116 VV 115, VII Zw 631 | |
Portaal Sterrekunde |
Ontdekking
Die groep is deur Carl Keenan Seyfert ontdek op fotografiese plate wat by die Barnard-sterrewag van die Vanderbilt-universiteit in Tennessee, VSA, gemaak is. Toe die resultate in 1951 die eerste keer gepubliseer is, was dit die mees kompakte groep sterrestelsels wat nog waargeneem is.[2]
Lede
Naam | Tipe | Afstand van die Son af (in miljoen ligjare) |
Magnitude |
---|---|---|---|
NGC 6027 | S0 pec. | ~190 | +14,7 |
NGC 6027a | Sa pec. | ~190 | +15,4 |
NGC 6027b | S0 pec. | ~190 | +15,4 |
NGC 6027c | SB(S)c | ~190 | +16 |
NGC 6027d | SB(S)bc pec. | ~877[3] | +15,6 |
NGC 6027e | SB0 pec. | ~190 | +16,5 |
Sien ook
- Robert se Kwartet
- Stephan se Kwintet
- Sterrekundeportaal
Verwysings
- http://hubblesite.org/newscenter/archive/releases/2002/22/image/a/
- C. K. Seyfert (1951). "A Dense Group of Galaxies in Serpens". Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 371: 72–75. Bibcode:1951PASP...63...72S. doi:10.1086/126319.
- "NASA/IPAC Extragalactic Database". Results for NGC 6027d. Besoek op 2 April 2013.
Eksterne skakels
- ASAHI Net Free Address Service: Seyfert se Sekstet Geargiveer 5 Maart 2009 op Wayback Machine
- NASA APOD: Seyfert se Sekstet
- SEDS: Seyfert se Sekstet Geargiveer 8 Desember 2009 op Wayback Machine
- Seyfert se Sekstet op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.