Sex (toneelstuk)

Sex is een van ses toneelstukke wat die aktrise Mae West tussen 1926 en 1931 vir Broadway geskryf het en waarin sy self ook gespeel het.

Die toneelstuk handel oor 'n ambisieuse werkersklas prostituut genaamd Margy Lamont wat haar omstandighede probeer verbeter. In haar soeke na 'n beter lewe volg sy die vloot, op advies van 'n Britse vlootoffisier, van die Montreal-bordeel na Trinidad. Op die reis ontmoet sy 'n man uit 'n ryk gesin van Greenwich, Connecticut, wat haar om haar hand vra. Hy neem haar na hulle herehuis in Connecticut waar verdere intriges plaasvind.[1] Die hoofsaaklik komiese stuk sluit bendeleiers, matrose en society matrons in. Sex ondersoek die verhouding tussen seksualiteit en die handel of die kommersiële, en die tallose vorms wat prostitusie aanneem.[2]

Sex was Mae West se eerste vollengte toneelstuk. Dit was vir byna 'n jaar op die planke voor sy in 1927 gearresteer en aangekla is dat sy 'n obsene produksie opvoer. Die aksie was oënskynlik daarop gemik om te verhoed dat haar tweede toneelstuk, The Drag, met die subtitel "A Homosexual Comedy", open. Sy is vir 8 dae in die Welfare Island Women's Workhouse aangehou wat op ironiese wyse tot haar roem bygedra het as gevolg van die nasionale blootstelling wat sy as gevolg daarvan in die VSA verkry het.[2] [3]

Benewens die ses toneelstukke wat sy geskryf het, het Mae West ook die draaiboek vir meeste van haar films geskryf.

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.