Sewerni-eiland

Sewerni-eiland (Russies: Се́верный о́стров, letterlik: "Noordeiland"), die wêreld se 30ste grootste eiland en die tweede grootste eiland van Rusland na Sachalin, beslaan 'n oppervlakte van 48 904 km². Dit is die vierde grootste eiland van Europa na Groot-Brittanje, Ysland en Ierland. Die eiland is in die noorde van Rusland in die Arktiese Oseaan geleë en behoort administratief tot die Archangelsk-oblast van die Noordwestelike Federale Distrik. Sewerni-eiland grens in die weste aan die Barentssee en in die ooste aan die Karasee. Sewerni-eiland is die noordelike van Nowaja Zemlja se twee eilande en net suid is Joezjni-eiland, die "Suideiland", geleë. Hulle word geskei deur 'n smal seestraat van 2–3 km wat Matotsjkin Sjar genoem word. Verder noord is die eilandgroep Franz Josef-land geleë. Die eiland is onbewoon en amper die hele jaar met ys bedek. Die noordoostelike punt van Sewerni-eiland, Flissingskij Mis (Vlissingse Kaap), is die oostelikste punt van Europa.

Ligging van Sewerni-eiland
Sewerni-eiland
Inheemse naam: о́стров Се́верный
Nasa-Satellietbeeld van Sewerni-eiland
Nasa-Satellietbeeld van Sewerni-eiland
Geografie
LiggingNoord-Rusland, Arktiese Oseaan
Koördinate75°30′N 60°00′O
ArgipelNowaja Zemlja

Oppervlakte48 904 vk km
Hoogste puntPik Sedowa 1 547 m
Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
Federale distrikNoordwestelike
Oblast Archangelsk

Demografie
Bevolking0

Die wêreld se 30ste grootste eiland en die tweede grootste eiland van Rusland

As gevolg van sy noordelike ligging is Sewerni-eiland grootliks met ys bedek. Met 'n oppvervlakte van sowat 19 800 km² is dit na Antarktika en Groenland die grootste met ys bedekte gebied. Daarbenewens beslaan kleiner gletsers 'n gebied van 3 900 km². Die ys is tot 400 m dik; die meeste gletsers eindig in die see uit en vorm ysberge.

Sewerni-eiland is voorheen deur Nenetse bevolk, maar voor die Sowjetse kerntoetse is die hele bevolking ontruim.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.