Bergbruidjie
Die bergbruidjie (Serruria florida) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom by Franschhoek en Assegaaiboskloof. Die plant word 1.5 m hoog en dra blomme van Julie tot Oktober.
Bergbruidjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. florida |
Binomiale naam | |
Serruria florida (Thunb.) Salisb. ex Knight, (1809) | |
Sinonieme | |
|
Dit staan ook as die bruidsblom, skaamblom en die Trots van Franshoek bekend. In Engels staan dit as die blushing bride en die pride of Franschhoek bekend.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bergbruidjie.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.