Seroglazka
Seroglazka (Russies: Сероглазка) is 'n klein dorpie in Jenotajefka-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Srednewolzje Plaaslike Munisipaliteit wat nog drie dorpies insluit, en lê op die regteroewer van die Wolgarivier.
Seroglazka Сероглазка | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Seroglazka Die ligging van Seroglazka in Astrachan-oblast | |
Koördinate: 47°00′31″N 47°28′52″O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Jenotajefka |
Bevolking | |
• Totaal | 456 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416204 |
Die dorpie is in 1766 gestig deur die Kosakse setlaars en het oorspronklik die naam Seroglazofskaja gekry.
Demografie
Volgens Sensus 2010 het Seroglazka 401 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Kasakke | 233 | 58,1% |
Russe | 151 | 37,7% |
Kalmikiërs | 7 | 1,7% |
Tartare | 4 | 1% |
Tsjetsjniërs | 3 | 0,7% |
Onbekend | 3 | 0,7% |
Totaal | 401 | 100% |
Verwysings
- Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 28 Julie 2023.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.