Seringboom

Die sering (Melia azedarach) is 'n bladwisselende indringerplant en klein tot groot boom wat inheems is aan Suidoos-Asië en Australië. Dit kom feitlik oor die hele Suid-Afrika voor behalwe die westelike Noord-Kaap en staan ook bekend as die Maksering.

Seringboom
Blare, blomme en vrugte
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Melia
Spesie:
M. azedarach
Binomiale naam
Melia azedarach

Voorkoms

'n Seringboom in Hawaii.
Bessies
Hout

Die boom kan tot 20 m hoog word en het verspreide takke en 'n geronde kroon. Die bas is rooibruin en glad. Die blare is saamgestel en varingagtig met getande groterige ovaal blaartjies. Hulle is blinkgroen aan die bokant en word geel in die herfs. Die lila blomme kom voor in digte, eindstandige hofies en is soetgeurig. Die bessies is ertjiegrootte en word bruin wanneer hulle ryp is. Dit word geëet deur loeries en ander voëls. Inname van ryp bessies deur mense kan lei tot braking, diarree, asemhalingsprobleme, bewerasies, en stuipe in kinders.

Indringerplant

In Suid-Afrika is Meliea azedarach as 'n kategorie 1b-onkruid geklassifiseer, maar kategorie 3 in stedelike gebiede.[2]

Bronne

  • Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0

Verwysings

  1. Linnaeus, C. (1753)
  2. "NEMBA Nasionale lys van indringerspesies ingevolge artikels 70 (1), 71 (3) en 71A" (PDF). Staatskoerant, 29 Julie 2016. Besoek op 11 Maart 2017.[dooie skakel]

Sien ook

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.