Serie (stratigrafie)

’n Serie is die chronostratigrafiese weergawe van ’n geochronologiese epog. Series is die eenhede waarin sisteme verdeel word en word self weer onderverdeel in etages.

Die meeste series en epogs het dieselfde naam. Met Pleistoseen kan byvoorbeeld die serie of epog bedoel word.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.