Serena Williams
Serena Jameka Williams (gebore 26 September 1981 in Saginaw, Michigan) is 'n voormalige Amerikaanse professionele tennisspeelster. Sy is op vier afsonderlike geleenthede deur die internasionale Women's Tennis Association as die Wêreldnr. 1 gelys.[1]
Serena Williams tydens die Wimbledon-kampioenskap in 2015 | ||
Volle naam | Serena Jameka Williams | |
---|---|---|
Land | Verenigde State | |
Woonplek | Palm Beach Gardens, Florida[1] | |
Geboortedatum | 26 September 1981[1] | |
Geboorteplek | Saginaw, Michigan[1] | |
Lengte | 1,75 m[1] | |
Afrigter | Richard Williams (1994–2022) Oracene Price (1994–2003) Patrick Mouratoglou (2012–2022) Eric Hechtman (2022) Rennae Stubbs (2022)[1] | |
Begin professioneel | Oktober 1995[1] | |
Afgetree | September 2022[1] | |
Spelstyl | Regshandig (tweehandig handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $94 816 730 (soos op 30 Januarie 2023)[1] (1ste van alle tye onder vroue-atlete en 4de van alle tye onder tennis-atlete)[2][3] | |
Amptelike webblad | serenawilliams.com | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 858–156 (84,6%)[1] | |
Loopbaantitels | 73 WTA[1] (5de in algehele ranglys) | |
Hoogste rang | No. 1 (8 Julie 2002)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | W (2003, 2005, 2007, 2009, 2010, 2015, 2017) | |
Franse Ope | W (2002, 2013, 2015) | |
Wimbledon | W (2002, 2003, 2009, 2010, 2012, 2015, 2016) | |
VSA-Ope | W (1999, 2002, 2008, 2012, 2013, 2014) | |
Groot toernooie | ||
Toereindronde | W (2001, 2009, 2012, 2013, 2014) | |
Olimpiese Spele | Goue medalje (2012) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 192–35 (84,6%)[1] | |
Loopbaantitels | 23 WTA[1] | |
Hoogste rang | No. 1 (21 Junie 2010)[1] | |
Australiese Ope | W (2001, 2003, 2009, 2010) | |
Franse Ope | W (1999, 2010) | |
Wimbledon | W (2000, 2002, 2008, 2009, 2012, 2016) | |
VSA-Ope | W (1999, 2009) | |
Groot dubbelspeltoernooie | ||
Olimpiese Spele | Goue medalje (2000, 2008, 2012) | |
Gemengde dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 27–4 (87,1%) | |
Loopbaantitels | 2 | |
Grand Slam-gemengdedubbelspeluitslae | ||
Australiese Ope | E (1999) | |
Franse Ope | E (1998) | |
Wimbledon | W (1998) | |
VSA-Ope | W (1998) | |
Laaste opgedateer op: 30 Januarie 2023. |
Sy is die huidige Olimpiese vroue-enkelspelwenner en het reeds 37 Grand Slam-titels gewen: 23 in enkelspelle, 14 in dubbelspelle en 2 in gemengde dubbelspelle. Sy het ook vier Olimpiese goue medaljes in die dubbelspel vir vroue gewen. Sy is die mees onlangse speelster wat al vier Grand Slam-titels tegelykertyd gehou het (sewe Australiese, drie Franse Ope, sewe Wimbledon-kampioenskappe en ses VS Opes). Sy het meer Grand Slams as enige ander aktiewe speelster en ook meer prysgeld as enige ander sportvrou in die geskiedenis gewen.
Sy is die jonger suster van die voormalige Wêreldnr. 1 professionele vrouetennisspeler Venus Williams; die susters het sedert 1998 31 professionele wedstryde teen mekaar gespeel, waarvan Serena 19 gewen het. Sy word deur baie as een van die beste tennisspelers van alle tye beskou.
Grand Slam-rekord
Die tabel toon Serena Williams se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in enkelspel vir vroue waaraan sy deelgeneem het:
Jaar | Australiese Ope | Franse Ope | Wimbledon | VSA-Ope |
---|---|---|---|---|
1998 | Rondte 2 | Rondte 4 | Rondte 3 | Rondte 3 |
1999 | Rondte 3 | Rondte 3 | Beseer | Wenner |
2000 | Rondte 4 | Beseer | Halfeindstryd | Kwarteindstryd |
2001 | Kwarteindstryd | Kwarteindstryd | Kwarteindstryd | Eindstryd |
2002 | Beseer | Wenner | Wenner | Wenner |
2003 | Wenner | Halfeindstryd | Wenner | Beseer |
2004 | Beseer | Kwarteindstryd | Eindstryd | Kwarteindstryd |
2005 | Wenner | Beseer | Rondte 3 | Rondte 4 |
2006 | Rondte 3 | Beseer | Beseer | Rondte 4 |
2007 | Wenner | Kwarteindstryd | Kwarteindstryd | Kwarteindstryd |
2008 | Kwarteindstryd | Rondte 3 | Eindstryd | Wenner |
2009 | Wenner | Kwarteindstryd | Wenner | Halfeindstryd |
2010 | Wenner | Kwarteindstryd | Wenner | Beseer |
2011 | Beseer | Beseer | Rondte 4 | Eindstryd |
2012 | Rondte 4 | Rondte 1 | Wenner | Wenner |
2013 | Kwarteindstryd | Wenner | Rondte 4 | Wenner |
2014 | Rondte 4 | Rondte 2 | Rondte 3 | Wenner |
2015 | Wenner | Wenner | Wenner | Halfeindstryd |
2016 | Eindstryd | Eindstryd | Wenner | Halfeindstryd |
2017 | Wenner | Beseer | Beseer | Beseer |
2018 | Beseer | Rondte 4 | Eindstryd | Eindstryd |
2019 | Kwarteindstryd | Rondte 3 | Eindstryd | Eindstryd |
2020 | Rondte 3 | Rondte 2 | Toernooi nie gehou nie | Halfeindstryd |
2021 | Halfeindstryd | Rondte 4 | Rondte 1 | Nie deelgeneem nie |
2022 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Rondte 1 | Rondte 3 |
Verwysings
- (en) "Serena Williams". Women's Tennis Association. Besoek op 30 Januarie 2023.
- (en) "Career Prize Money Leaders" (PDF). Women's Tennis Association. 30 Januarie 2023. Besoek op 30 Januarie 2023.
- (en) "Serena Williams". Forbes.com. Besoek op 30 Januarie 2023.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Serena Williams.
- (en) Amptelike webtuiste
- (en) Serena Williams se ITF-profiel
- (en) Serena Williams se WTA-profiel
- (en) Serena Williams in die Internet-rolprentdatabasis