Senzangakhona kaJama
Senzangakhona kaJama (ongeveer 1762–1816) was 'n Zoeloekoning. Hy volg sy pa, Jama kaNdaba op. Hy is veral bekend as die vader van Shaka Zulu. Sy naam is afgelei van die Zoeloe woord wat beteken: hy wat optree met goeie rede.
Senzangakhona kaJama | |
---|---|
Koning van die Zoeloenasie | |
Dinastie | Huis van die Zoeloe |
Bewind | 1763–1816 |
Volle naam | Senzangakhona kaJama |
Gebore | circa 1762 |
Gesterf | 1816 |
Voorganger | Jama kaNdaba |
Opvolger | Shaka |
Eggenote | Mpikase kaMlilela Ngobese |
Songiya kaNgotsha Hlabisa | |
Nandi | |
Kinders | Shaka Sigujana Dingane kaSenzangakhona Mpande kaSenzangakhona |
Vader | Jama kaNdaba |
Moeder | Mthaniya Sibiya |
Senzangakhona het ten minste sestien vroue gehad by wie hy veertien seuns gehad het. Dogters is nie getel nie.
Sy derde vrou, Nandi kaBhebhe eLangeni (Nandi, die dogter van Bhebhe, vanaf die Langeni-distrik), het sy eerste seun, Shaka buite die eg gebaar. Die verhouding was potensieel bloedskande, want Senzangakhona se ma was 'n vrou wat vanaf eLangeni afkomstig was. Nandi kon daarom nie as die hoofvrou erken word nie.
Een van sy ander vroue het geboorte geskenk aan Sigujana, wat Senzangakhona sou opvolg. Sigujana is egter dood voor Shaka teruggekeer het om as koning gekroon te word.
Sy sesde vrou, Mpikase kaMlilela Ngobese, baar Dingaan, wat die koningskap oorneem nadat hy sy halfbroer Shaka in 1828 (by die hedendaagse Stanger) om die lewe bring.
Sy negende vrou, Songiya kaNgotsha Hlabisa, baar Mpande, wat oorneem toe Dingaan in 1840 vermoor is. Mpande was die enigste seun wat vir hom kleinseuns kon gee, deur die intervensie van Ndlela kaSompisi. Mpande se seun Cetshwayo was in alle aspekte die laaste groot Zoeloekoning gewees.
Eksterne skakels
Voorafgegaan deur Jama kaNdaba |
Koning van die Zoeloenasie 1762–1816 |
Opgevolg deur Shaka |