Sentrale Party
Die Sentrale Party, ook bekend as die Roosiete, was 'n politieke party van 1933 tot 1935 wat gestig is deur adv. Tielman Roos om sy steun, wat hy geniet het weens sy oorreding van die regering om van die goudstandaard afstand te doen, te konsolideer.
![](../I/Tielman_Roos.jpg.webp)
Adv. Tielman Roos en 'n karikatuur van hom deur D.C. Boonzaier.
Twintig kandidate het hulself tydens die verkiesing van 17 Mei 1933 as Roosiet-kandidate verkiesbaar gestel. Net twee was suksesvol en die party kry net 23 723 stemme, oftewel 7,3% van die totaal. Die koalisie wat nĂ¡ die verkiesing die Verenigde Party sou stig, wen oorweldigend.
Ten einde die steun in die verkiesing te konsolideer, stig adv. Roos op 12 Mei 1934 die Sentrale Party, maar dit ontbind op 9 Maart 1935 weens 'n gebrek aan steun.
Bronne
- Mostert, J.P.C., Politieke Partye in Suid-Afrika, Instituut vir Eietydse Geskiedenis, U.O.V.S., Bloemfontein, 1986.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.