Senter
'n Senter is 'n spelerposisie in rugby. Die nommer 12 staan as die binnesenter en die nommer 13 as die buitesenter bekend.

François Steyn op senter laat loop die bal.
Daar is twee variasies. Eerstens, die spelskepper, wat met vernuftige hande en voetwerk die opposisie oorhoops gelaat het, en die spelers buite hom weggestuur het om drieë te druk. Die ander was 'n man met 'n verbysterende vaartversnelling, wat 'n opponent aan die buitekant kon klop deur op volle vaart 'n 90 grade rigting verandering te maak. Deesdae lyk beide soos outydse stutte, en hul doel is om 'n losskrum in die middel van die veld af te dwing.
Noemenswaardige senters
'n Paar bekende senters ter illustrasie:
- Jean de Villiers, Springbokspeler en kaptein (2002-2015)
- Mannetjies Roux, Springbokrugbyspeler (1960-1970)
- Jaque Fourie, Springbokrugbyspeler (2003-2014)
- Wynand Olivier, Springbokrugbyspeler (2005-2014)
- François Steyn, Springbokrugbyspeler (2006-2014, 2017-)
- Jan Serfontein, Springbokrugbyspeler (2013-)
- Damian de Allende, Springbokrugbyspeler (2015-)
Spelerposisies in rugby | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.