Sentech

Sentech is 'n seinverspreider vir die Suid-Afrikaanse uitsaaisektor. Die organisasie het in 1992 begin om die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie se seine te versprei. Volgens Sentech se mandaat moet hulle ook dienste aan M-Net, Radio 702, Radio Ciskei, Radio Transkei en aan Bophuthatswana se Uitsaaikorporasie lewer.

Die Sentech-toring in Brixton, Johannesburg.

In 'n verslag wat in Augustus 1995 gepubliseer is beveel die Onafhanklike Uitsaaiowerheid (OUO) aan dat Sentech van die SAUK geskei en 'n publieke maatskappy moet word. Die verslag was in Maart 1996 deur die Suid-Afrikaanse Regering goedgekeur en die wetgewing om die aanbevelings te implementeer is in November 1996 deur die Parlement aanvaar.

Sentech word tans bedryf as 'n kommersiƫle onderneming wat deur die Regering van Suid-Afrika via die Suid-Afrikaanse Ministerie van Kommunikasie besit word.

'n Volledige lys van Suid-Afrikaanse radio- en televisiefrekwensies is beskikbaar op Sentech se webwerf.

Sien ook

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.