Semiboegri
Semiboegri (Russies: Семибугры) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die Semiboegri Plaaslike Munisipaliteit wat ook twee nabygeleë dorpies, Barani Boegor en Birjoetsjok, bevat. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is Semiboegri op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.
Semiboegri Семибугры | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Semiboegri Die ligging van Semiboegri in Astrachan-oblast | |
Koördinate: 46°09′57″N 48°15′17″O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Kamiziak |
Bevolking | |
• Totaal | 1 778 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416311 |
Die dorpie se naam kom van die Russiese woorde vir "sewe heuwels".
Demografie
Volgens Sensus 2010 het Semiboegri 1 791 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Kasakke | 1 444 | 80,6% |
Russe | 192 | 10,7% |
Tartare | 12 | 0,7% |
Tsjetsjniërs | 9 | 0,5% |
Arabiere | 6 | 0,3% |
Oesbeke | 6 | 0,3% |
Azerbeidjanners | 5 | 0,3% |
Kalmikiërs | 5 | 0,3% |
Moldawiërs | 5 | 0,3% |
Nogais | 5 | 0,3% |
Turkmene | 5 | 0,3% |
Onbekend | 97 | 5,4% |
Totaal | 1 791 | 100% |
Verwysings
- Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 16 Julie 2023.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.