Selene
Selene (Grieks: Σελάνα of Σελήνη) was in die Griekse mitologie uit die tweede geslag Titane. Sy was die verpersoonliking van die Maan.
Selene | |
---|---|
’n Standbeeld van Selene in Rome | |
Naam | Selene |
Godin van | die Maan |
Blyplek | Hemel |
Simbole | Sekel, opgewekte kleed, bul, haan, hond en fakkel |
Man | Endumion |
Ouers | Huperion en Teia |
Broers, susters | Helios en Eos |
Kinders | Vyftig dogters by Endumion; Pandia en Ersa by Zeus |
Romeinse eweknie | Luna |
Selene was die dogter van die Titane Huperion en Teia (Hesiodus) of Eurufaissa (Homeros) en die suster van Helios (Son) en Eos (Daeraad). Die drie se name was ook die algemene Griekse name vir maan, son en daeraad.
Haar eweknie in die Romeinse mitologie was Luna.
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.