Sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (SGVN) is die hoof van die Sekretariaat van die Verenigde Nasies, een van die belangrikste organe van die instituut. Die persoon wat die pos beklee word daarom feitelik as die hoof van die Verenigde Nasies beskou. Die sekretaris-generaal se magte is in hoofstuk XV (artikels 97–101) van die Handves van die Verenigde Nasies vervat, waar hy as die "die hoogste amptenaar van die organisasie" geskryf word.[1] Sedert 1997 bestaan die amp van die adjunk-sekretaris-generaal.

Die Verenigde Nasies se embleem.
António Guterres, sekretaris-generaal sedert 1 Januarie 2017.
Kaart van lande wat al 'n sekretaris-generaal opgelewer het.
Die sekretariaatgebou is 'n 154 m (505 voet) hoog wolkekrabber en die middelpunt van die Verenigde Nasies se hoofkwartier.

Oorsig

Die sekretaris-generaal word normaalweg vir 'n termyn van vyf jaar aangestel, wat meestal tot tien jaar verleng word. So 'n persoon word deur die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies op aanbeveling van die Veiligheidsraad verkies. Die meeste sekretarisse het 'n vleklose agtergrond en kom uit middelgroot lande. Slegs Kurt Waldheim was omstrede a.g.v. sy betrokkenheid by die Duitse Wehrmacht. Groot name word soms benoem vir die amp, maar hulle word nooit verkies nie.

Die pos van sekretaris-generaal word m.b.v. 'n rotasiestelsel oor die kontinente toegeken. In 2007 was Asië o.a. aan die beurt. Die Veiligheidsraad het Ban Ki-moon, Suid-Korea se minister van Buitelandse Sake, amptelik op 9 Oktober 2006 as kandidaat voorgestel. Verskillende stemrondes het plaasgevind, waartydens kandidate van ander Asiatiese lande uitgestem is of onttrek het. Op 13 Oktober is Ban deur die Algemene Vergadering as opvolger van Kofi Annan (uit Afrika) benoem.

Die sekretaris-generaal word in die Amerikaanse Verdedigingsdepartement as 'n vierster-generaal behandel. Hy is ook 'n erkende "fons honorum" (iemand wat titels kan toeken). In die hoedanigheid skep en verleen hy onderskeidings, waaronder talle medaljes vir vredesmissies.

Sekretarisse-generaal

Die volgende persone het as sekretaris-generaal van die VN gedien:

FotoSekretaris-generaalAmpstermynLand van oorsprongOpmerkingsVerwysings
Sir Gladwyn Jebb24 Oktober 1945 –
2 Februarie 1946
Verenigde Koninkryk
(Europa)
Waarnemend tot die eerste sekretaris-generaal verkies is
1Trygve Lie2 Februarie 1946 –
10 November 1952
Noorweë
(Europa)
Bedank[2]
2Dag Hammarskjöld10 April 1953 –
18 September 1961
Swede
(Europa)
Dood in vliegongeluk oor Noord-Rhodesië (nou Zambië)[3]
3U Thant30 November 1961 –
31 Desember 1971
Burma
(Asië)
Tree na 2de termyn weens persoonlike redes af[4]
4Kurt Waldheim1 Januarie 1972 –
31 Desember 1981
Oostenryk
(Europa)
China veto sy derde termyn[5]
5Javier Pérez de Cuéllar1 Januarie 1982 –
31 Desember 1991
Peru
(Suid-Amerika)
Weier om 'n derde termyn te dien[6]
6Boutros Boutros-Ghali1 Januarie 1992 –
31 Desember 1996
Egipte
(Afrika)
Verenigde State veto sy tweede termyn[7]
7Kofi Annan1 Januarie 1997 –
31 Desember 2006
Ghana
(Afrika)
Tree na tweede termyn af[8]
8Ban Ki-moon1 Januarie 2007 –
31 Desember 2016
Suid-Korea
(Asië)
Tree na tweede termyn af[9]
9António Guterres1 Januarie 2017 –
Nou
Portugal
(Europa)
Tans in amp[10]

Verwysings

  1. (en) Die VN se Handves
  2. "Trygve Lie" (in Engels). Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2016. Besoek op 20 Februarie 2008.
  3. "Dag Hammarskjold" (in Engels). Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2016. Besoek op 20 Februarie 2008.
  4. "U Thant" (in Engels). Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2016. Besoek op 20 Februarie 2008.
  5. "Kurt Waldheim" (in Engels). Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2016. Besoek op 20 Februarie 2008.
  6. "Javier Pérez de Cuéllar" (in Engels). Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2016. Besoek op 20 Februarie 2008.
  7. "Boutros Boutros-Ghali" (in Engels). Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2016. Besoek op 20 Februarie 2008.
  8. "Kofi Annan" (in Engels). Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Julie 2016. Besoek op 20 Februarie 2008.
  9. "Ban Ki-moon" (in Engels). Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Julie 2016. Besoek op 20 Februarie 2008.
  10. Alexander, Harriet (5 Oktober 2016). "Who is Antonio Guterres, the next Secretary-General of the United Nations?". The Telegraph (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 6 Oktober 2016.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.