Sederberg (berg)

Die Sederberg of Cederberg is 'n bergreeks in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die naam is afgelei van die boom Widdringtonia cedarbergensis wat nie werklik 'n seder is nie maar 'n soort bergsipres. Daar is slegs 'n paar van die bome oor.

Wynlande aan die voet van die Sederberg.
Boesmantekeninge naby die Stadsaal-grot.
Die Wolfberg-boog

Die reeks strek ongeveer van 50 km van Citrusdal in die suide tot by Clanwilliam in die noorde en is die mees westelike reeks in die Kaapse Plooigordel. Byna die hele gebied is tot 'n wildernis-gebied verklaar. Die hoogste piek is die Sneeuberg, wat 2 028 m hoog is.[1] Die Sederberg is gewild onder stappers.

Bibliografie

  • Malan, Hannes: Kom saam na die Sederberge. In: Lantern. Tydskrif vir Volksopvoeding. Jaargang 3, no. 2, September 1953.

Sien ook

Verwysings

  1. Op Pad in Suid-Afrika. 1995. B.P.J. Erasmus ISBN 1-86842-026-4

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.