Sebra-humbug

Die Sebra-humbug[1] (Dascyllus aruanus) is 'n vis wat in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Zebra humbug.

Sebra-humbug
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Dascyllus
Spesie:
D. aruanus
Binomiale naam
Dascyllus aruanus
(Linnaeus, 1758)

Identifikasie

Die vis word tot 8 cm lank met drie breë, vertikale bande wat oor die wit lyf strek. Die pensvin is swart en daar is 'n swart kol tussen die . Hulle leef in vlak, beskermde strandmere, plat riwwe en aflandige koraalriwwe in water wat 1 tot 20 m diep is. Hulle is territoriaal van aard en swem in groepe rond om koraaltakke. Wanneer hulle bedreig word swem die visse tussen die takke in vir beskerming. Hulle vreet soöplankton, alge en bodemongewerweldes.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

Verwysings

  1. Allen, G.R., 1986. Pomacentridae. p. 670-682. In M.M. Smith en P.C. Heemstra (eds.) Smith se Sea fishes. Springer-Verlag, Berlin
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.