Scottburgh

Scottburgh is 'n kusdorp in die ooste van Suid-Afrika, in die provinsie KwaZulu-Natal. Die dorp lê 58 km suid van Durban en het volgens die 2011-sensus 'n bevolking van 11 403 gehad.[2] Die dorp is een van die gewildste vakansieoorde aan die suidkus van KwaZulu-Natal.

Scottburgh
Scottburgh se strand
Scottburgh se strand
Scottburgh is in KwaZulu-Natal
Scottburgh
Scottburgh
 Scottburgh se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 30°17′S 30°45′O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikUgu
MunisipaliteituMdoni
Stigting1860[1]
Oppervlak
  Totaal23,80 km2 (9,19 vk. myl)
Hoogte
19 m (62 ft)
Bevolking
 (2011)[2]
  Totaal11 403
  Digtheid479/km2 (1 240/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense46.8%
  Indiërs/Asiërs22.0%
  Bruin mense3.0%
  Swart mense27.7%
  Ander0.6%
Taal (2011)
  Engels 68.0%
  Zoeloe 16.0%
  Afrikaans 11.2%
  Xhosa 2.1%
  Ander 3.8%
Poskode (strate)
4180
Skakelkode039
Webwerfwww.scottburgh.co.za

Geskiedenis

Scottburgh is in 1860 opgemeet as die eerste nedersetting suid van Durban, en is vernoem na John Scott, 'n goewerneur van Natal. Dit het in 1945 'n dorp geword en in 1964 munisipale status verkry. Die spoorlyn vanaf Durban het die dorp teen die einde van die 19de eeu bereik.

Sien ook

Verwysings

  1. "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 11 November 2015.
  2. "Hoofplek Scottburgh". Sensus 2011.

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.