Schmidtsdrif
Schmidtsdrif is 'n klein nedersetting in Pixley ka Seme-distriksmunisipaliteit in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie het ontwikkel langs die drif wat die Vaalrivier kruis op die hoofroete van Kimberley na Griekwastad en Campbell, sowat 40 km wes. Die N8-nasionale pad gaan deur die dorp.
Schmidtsdrif | |
---|---|
Schmidtsdrif Schmidtsdrif se ligging in Noord-Kaap | |
Koördinate: 28°42′0″S 24°3′29″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Pixley ka Seme |
Munisipaliteit | Emthanjeni |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,39 km2 (0,92 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 163 |
• Digtheid | 487/km2 (1 260/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Indiërs/Asiërs | 0.8% |
• Bruin mense | 9.5% |
• Swart mense | 89.1% |
• Ander | 0.7% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 69.2% |
• Afrikaans | 22.9% |
• Ndebele | 2.2% |
• Engels | 1.9% |
• Ander | 3.8% |
Skakelkode | 053 |
Geskiedenis
Die geskiedenis van Schmidtsdrift kan teruggespoor word na 1827 toe dit as kroontrustgrond verklaar is en deur die Tswana-sprekende Batlhaping asook Griekwas bewoon is. Die bedreiging van hervestiging in die 1950's dwing sommige van die Griekwafamilies om hulself as Batlhaping voor te doen; hulle staan later bekend as die Kleinfonteintjie gemeenskap. Diegene van die Griekwas wat nie hul Batlhaping-bloedlyn kan bewys nie word later met geweld verwyder. Uiteindelik het die "swart kol" beleid die verwydering van meer as 1 000 Tswana (Batlhaping) huishoudings in 1968 tot gevolg, meeste is met gewere gedwing om op militêre trokke te klim.[2]
Die voormalige Schmidtsdrift plase het voortbestaan as staatsgrond. Die Suid-Afrikaanse Weermag se Infanteriebataljon verkry gebruikreg daarvan in 1974 wat lei tot die stigting van 'n militêre opleidingsbasis.[3]
Ná Namibië se onafhanklikheid in 1990 is oudlede van 31 Bataljon (die sogenaamde Boesmanbataljon), wat bestaan het uit !Xun (bekend as Vasekele) en Khwe (ook bekend as Mbarakwengo), in 'n tentdorp naby Schmidtsdrift gevestig.[4][5] Hulle is lank gelede deur die Suid-Afrikaanse Weermag gewerf om in die noorde van Namibië teen SWAPO te veg.[6] In 2003 het die meeste van die !Xun en Khwe-gemeenskap na Platfontein buite Kimberley verskuif, na die suksesvolle grondeis op Schmidtsdrift deur die destydse Batlhapinginwoners.[7]
Die dorp huisves 'n gelyknamige diamantmyn wat 80% besit word deur "Lonrho Mining" en 20% deur die "Schmidtsdrift Communal Property Association". In Junie 2008 is 'n 18.39 karaat diamant in die myn ontdek.[8]
Sien ook
Verwysings
- "Hoofplek Schmidtsdrif". Sensus 2011.
- Karin Kleinbooi. 2007. Schmidtsdrift Community Land Claim Geargiveer 4 Januarie 2014 op Wayback Machine. Published by the Programme for Land and Agrarian Studies, School of Government, University of the Western Cape. Research Report 34. ISBN 978-1-86808-679-5
- Karin Kleinbooi. 2007. Schmidtsdrift Community Land Claim Geargiveer 4 Januarie 2014 op Wayback Machine. Published by the Programme for Land and Agrarian Studies, School of Government, University of the Western Cape. Research Report 34. ISBN 978-1-86808-679-5
- Anthropology and the Bushman By Alan (Alan J.) Barnard, p. 120
- Robbins, David 2007. On the bridge to goodbye: the story of South Africa's discarded San soldiers. Jonathan Ball
- In Search of the San By Paul Weinberg, p. 19
- Karin Kleinbooi. 2007. Schmidtsdrift Community Land Claim Geargiveer 4 Januarie 2014 op Wayback Machine. Published by the Programme for Land and Agrarian Studies, School of Government, University of the Western Cape. Research Report 34. ISBN 978-1-86808-679-5
- 'Exceptional' find at Schmidtsdrift – IOL News
Bronne
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4