Scarlets

Die Scarlets ((cym) Y Sgarlets) is een van die vier professionele rugbyspanne van Wallis. Hulle ding mee in die Guiness Pro14, die Europese Rugbykampioenebeker en die Anglo-Walliese Beker. Die span word verbind met ’n aantal plaaslike semi-professionele en amateurklubs, insluitend Llanelli RVK, Carmarthen Quins RVK, en Llandovery RVK wat in die Walliese Premierliga speel. Die klub was aanvanklik bekend as Llanelli Scarlets maar het aan die begin van die 2008-’09-seisoen hul naam verander na die huidige.

Scarlets
Unie Walliese Rugbyunie
Bynaam(e) Bois Sospan, Turke
Embleem Draak
Stigting 2003
Stadion Parc y Scarlets, Llanelli
Kapasiteit 14 870
Afrigter(s) Vlag van Nieu-Seeland Steve Tandy
Kaptein(s) Ken Owens
Liga(s) Guiness Pro14
2017-’18 2de (3de na rondomtalie)
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste wedstryde 369 Vernon Cooper
Meeste punte 2 850 Stephen Jones
Meeste drieë 173 Wayne Proctor
Amptelike webwerf
www.scarlets.co.uk

In die 2007-’08-seisoen het Scarlets die meeste van hul tuiswedstryde op Stradey Park in Llanelli gespeel, met sommige wedstryde wat op Renbaangronde in Wrexham gespeel. Hul tuisveld, Parc y Scarlets is naby Pemberton gebou en in November 2008 geopen.

Geskiedenis

Stigting

Wallis se rugbyunies, die rooi gedeelte is Scarlets.

In 2003 het die WRU besluit om die aantal top- Walliese professionele rugbyklubs van nege na vyf te verminder gedurende die bekendstelling van streeksrugbyspanne in Wallis; hiermee het hulle gepoog om die suksesvolle formate in Ierland, Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland na te boots.

Aanvanklik is beplan dat ’n streek op Stradey Park sou speel met spelers van Llanelli, Swansea en Neath.[1] Dit is toe gewysig sodat Llanelli en Swanseaa sou saamsmelt, terwyl Neath met Bridgend sou saamsmelt. Llanelli het albei voorstelle geopponeer en alleenstaande status versoek.[2] Llanelli en Cardiff is uiteindelik onafhanklik gelaat.[3] Die handelsmerk van Llanelli Scarlets is amptelik op 7 Julie 2003 bekendgestel.[4]

Die Scarlets verteenwoordig amptelik die hele westelike en noordelike Wallis maar is grootliks rondom Llanelli gebaseer. Pogings is aangewend om die klub na ander buiteposte soos Wrexham te neem. Die eienaarskap van die Scarlets-handelsmerk lê by Llanelli RVK, wat ’n tweede span het wat in die Principality Premierskap deelneem, soortgelyk aan wat Cardiff doen.

Stadion

Scarlets se tuisveld, Parc y Scarlets

Van 2003 tot en met die 2007-’08-seisoen het die Scarlets die meeste van hul tuiswedstryde op Llanelli se Stradey Park (ook die tuisveld van Llanelli RVK) gespeel. Hulle het egter ook wedstryde in Noord-Wallis by Wrexham se Renbaangronde gespeel om die streek se geografiese verteenwoordiging te bevorder. The 2006-’07-seisoen is beplan as die laaste wat op Stradey Park gespeel sou word. Die stadion is vervolgens gesloop om plek te maak vir woonstelle. Die Scarlets het el hul tuiswedstryde van die 2006-’07-seisoen op Stradey Park gespeel om die historiese stadion te gedenk. Hulle laaste wedstryd op Stradey Park was op 24 Oktober 2008 teen Bristol en hulle eerste wedstryd op Parc y Scarlets was op 28 November 2008 teen Munster.

Die Scarlets en Llanelli RVK se nuwe tuisveld, bekend as Parc y Scarlets,[5] is in Pemberton geleë. Die nuwe stadion het £23 miljoen gekos en bied sitplek aan 14 340 toeskouers.[6] Die eerste wedstryd op die stadion was tussen Llanelli RVK en Cardiff RVK op 15 November 2008.[7] Die stadion se hoofpaviljoen is aan die suidekant van die veld en huisves ’n nuwe Scarlets-museum en klubwinkel, sportkroeg, kleedkamers en ’n gimnasium. Volgens die planne is die hoofpaviljoen 20 meter hoog. Buite die stadion is ’n oefenplek vir die spelers asook ’n oefenveld en atletiekbaan. Die res van die terrein word deur die Parc Trostre-handelsentrum in beslag geneem.[8]

Seisoenbepalings

Keltiese Liga/Pro12/Pro14

Seisoen Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
2003-’04 1ste 2216151076
2004-’05 5de 2090111046
2005-’06 6de 201019757
2006-’07 4de 201208957
2007-’08 6de 1870111039
2008-’09 5de 18909440
2009-’10 9de 185013929
2010-’11 5de 2212191262
2011-’12 5de 2212281062
2012-’13 4de 221507666Verloor in halfeindrondte teen Ulster
2013-’14 6de 2211110955
2014-’15 6de 221138757
2015-’16 5de 221408763
2016-’17 3de 221705977Wen in eindstryd teen Munster
2017-’18 3de 2114161270Verloor in eindstryd teen Leinster
2018-’19 9de 21100111252

Heinekenbeker/Rugbykampioenebeker

Seisoen Poel/Rondte Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
2003-’04 Poel 4 1ste 6501323Verloor in kwarteindrondte teen Biarritz
2004-’05 Poel 3 3de 6204513
2005-’06 Poel 6 3de 6204412
2006-’07 Poel 5 1ste 6600327Verloor in halfeindrondte teen Leicester Tigers
2007-’08 Poel 5 4de 600600
2008-’09 Poel 4 4de 611428
2009-’10 Poel 6 2de 6402117
2010-’11 Poel 5 3de 6303315
2011-’12 Poel 1 2de 6303315
2013-’14 Poel 4 3de 6213111
2014-’15 Poel 3 4de 620408
2015-’16 Poel 3 4de 600622
2016-’17 Poel 3 3de 6213111

Europese Rugbyuitdaagbeker

Seisoen Poel/Rondte Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
2009-’10 Verloor in kwarteindrondte teen Toulon
2011-’12 Verloor in kwarteindrondte teen Brive

Anglo-Walliese Beker

Seisoen Poel/Rondte Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
2005-’06 Groep C 1ste 3300012Verloor in eindrondte teen London Wasps
2006-’07 Groep C 3de 310215
2007-’08 Groep D 2de 3201311
2008-’09 Groep D 2de 320108
2009-’10 Poel 2 2de 4211111
2010-’11 Poel 3 3de 420219
2011-’12 Poel 3 1ste 4301315Verloor in halfeindrondte teen Northampton Saints
2012-’13 Poel 3 3de 420208
2013-’14 Poel 4 3de 420208
2014-’15 Poel 3 4de 410315
2016-’17 Poel 4 4de 410315

Huidige span

Scarlets se span vir die 2017-’18-seisoen:[9]

Stutte

  • Vlag van Australië Dylan Evans
  • Rob Evans
  • Rhys Fawcett
  • Simon Gardiner
  • Wyn Jones
  • Vlag van Suid-Afrika Werner Kruger
  • Samson Lee
  • Nicky Thomas

Hakers

  • Taylor Davies
  • Ryan Elias
  • Dafydd Hughes
  • Ken Owens
  • Emyr Phillips

Slotte

  • Jake Ball
  • Vlag van Ierland Tadgh Beirne
  • Vlag van Suid-Afrika David Bulbring
  • Josh Helps
  • Vlag van Engeland Tom Price
 

Losvoorspelers

  • Vlag van Skotland John Barclay
  • Will Boyde
  • Jack Condy
  • James Davies
  • Shaun Evans
  • Josh Macleod
  • Tom Phillips
  • Lewis Rawlins
  • Aaron Shingler

Skrumskakels

  • Aled Davies
  • Gareth Davies
  • Jonathan Evans
  • Declan Smith

Losskakels

  • Dan Jones
  • Jack Maynard
  • Billy McBryde
  • Rhys Patchell
 

Senters

  • Vlag van Australië Paul Asquith
  • Corey Baldwin
  • Jonathan Davies
  • Steffan Hughes
  • Vlag van Nieu-Seeland Hadleigh Parkes
  • Scott Williams

Vleuels

  • Ryan Conbeer
  • Tom Grabham
  • Vlag van Nieu-Seeland Johnny McNicholl
  • Ioan Nicholas
  • Tom Prydie

Heelagters

  • Steffan Evans
  • Leigh Halfpenny
  • Geraint Rhys Jones
  • Morgan Williams
  • Tom Williams

Eksterne skakel

Verwysings

  1. "WRU laat val provinsiale bom". BBC Sport (in Engels). BBC. 20 Februarie 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2004. Besoek op 5 Desember 2006.
  2. "Moffett skrap noordelike uitbreiding". BBC Sport (in Engels). BBC. 8 Januarie 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2004. Besoek op 5 Desember 2006.
  3. "Lekegids tot Wallis se rugbykrisis". BBC Sport (in Engels). BBC. 12 Maart 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2003. Besoek op 5 Desember 2006.
  4. "Scarlets loods streeksvisie". BBC Sport (in Engels). BBC. 7 Julie 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2004. Besoek op 5 Desember 2006.
  5. (en) "Scarlets onthul nuwe stadionnaam". BBC Sport. BBC. 20 Mei 2008. Besoek op 20 Mei 2008.
  6. "Scarlets stadionvordering gaan aanlyn". BBC News (in Engels). BBC. 7 April 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2008. Besoek op 20 Mei 2008.
  7. (en) "Llanelli open nuwe tuiste in styl". BBC Sport. BBC. 15 November 2008. Besoek op 26 Desember 2008.
  8. "Die nuwe Llanelli Scarlets-stadion". scarlets.co.uk (in Engels). The Scarlets. 15 Februarie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2009. Besoek op 18 Februarie 2008.
  9. (en) "1e-stap Argief". Scarlets. Besoek op 30 Augustus 2017.[dooie skakel]
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.