Satakunta

Satakunta (Sweeds: Satakunta of Satakunda) is 'n administratiewe streek in Finland. Dit is in die suidweste van die land geleë en maak deel uit van die historiese Westelike Finland-provinsie. Die streek word begrens deur Pohjanmaa in die noorde, Suid-Pohjanmaa in die noordooste, Pirkanmaa in die ooste en Suidwes-Finland in die suide.

Satakunta
Streek
Vlag
Wapen van Satakunta
Wapen
Ligging van Satakunta in Finland
Ligging van Satakunta in Finland
Koördinate: 61.33°N 22°O / 61.33; 22
LandVlag van Finland Finland
HoofstadPori
Regering
  StreekleierAsko Aro-Heinilä
Oppervlak
  Totaal8 268 km2 (3 192 vk. myl)
  Land7 820 km2 (3 019 vk. myl)
  Water449 km2 (173 vk. myl)
Bevolking
  Totaal218 018
  Digtheid27,88/km2 (72,21/vk. myl)

Satakunta beslaan 'n landoppervlakte van 8 268 km² en het 'n bevolking van 218 018 in 2019 gehad.[1] Die streek het 17 munisipaliteite waarvan sewe stadstatus het. Die grootste stad en administratiewe hoofstad van die streek is Pori.

Verwysings

  1. (fi) "Väestörakenteen ennakkotiedot muuttujina Kuukausi, Alue, Sukupuoli, Ikä ja Tiedot". Tilastokeskus. 25 Julie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2020. Besoek op 4 September 2019.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.